Hoe word brûe gebou en ontwerp? Kyk dié interessante brûe!


Siviele ingenieur Werner Jerling vertel vir Martelize Brink hoe brûe ontwerp en gebou word. Hulle gesels oor van die interessantse en bekendste brûe in Suid-Afrika en die wêreld.

Van die wêreld se indrukwekkendste brugstrukture sluit die Golden Gate brug by San Francisco wat in 1937 geopen is, die Toringbrug van Londen, wat in 1894 voltooi is, die Sydney hawe brug , die Brooklyn Brug in New York, die Ponte Vecchio, in Florance, die Rialto Brug in Venisie wat in 1591 voltooi is, die Charlesbrug in Praag, die lang brûe wat die see instrek in China en Denemarke, die ou akwadukbrûe in Europa, die toegeboude houtbrûe van Madison County in die VSA, en natuurlik die Bloukransbrug en ander brûe in Suid-Afrika in.

Die Danyang – Kunshan brug in China is die langste brug van 164. 8 km op die Beijing–Shanghai hoë spoed treinspoor.Nog ‘n lang brug wat deel vorm van die treinspoor is die Tianjin brug van 113, 7 km.

Aan die ander kant van die spektrum is die Somerset brug in Bermuda.Dit is die werled se kleinste werkende valbrug. Dit is net groot genoeg om die mas van ‘n klein vaartuigie deur te laat. Die brug is in 1620 gebou en versky op die agterkant van Bermuda se 5 dollar noot.

Brooklyn brug, New York

Golden Gate brug by San Francisco wat in 1937 geopen is.

Die Oresund brug en tonnel verbind Denemarke en Swede.

Die Oresund brug duik hier ondergronds

Die Donghai brug in Hangzhou baai, China, loop kilometers oor die oseaan. Die brug is langer as die langste seebrug en langer as 30 km.

Die Charles brug in Praag

Die Pont du Gard akwaduk en brug in die suide van Frankryk

Die ‘Tower Bridge’, Londen

Die Roebling hangbrug in Chicago

Die Juscelino Kubitschek brug in Brasilië

Die Millau viadukt oor die Tarn rivier tussen Frankryk en Spanje. Die Millau Viaduct brug in Frankryk is op 343 meters die hoogste brug ter wereld. Die brug is hoer as die Eiffel toring en die hoogste struktuur in Frankryk.

Die U-Beinbrug in Burma is die langste houtbrug in die wêrekd. Dis meer as 3.6 km lank

Die Karavaanbrug in Turkye is 850 jaar voor Christus gebou

Nanjingbrug oor die Yangtzerivier in China

Cornish Windsorbrug in Hampshire, VSA

Nelson Mandela brug in Johannesburg

Treimbrug oor die Zambezi naby Victoria Falls

Bloukransbrug

 

Brug by Maclear

Ou Sabie brug naby Skukuza

Treinbrug oor die Kaaimansrivier by Wildernis

 

 

Brug by Port Alfred

 

Lees meer oor interessante brûe in die wêreld:

http://www.popularmechanics.com/technology/infrastructure/g2383/the-worlds-most-impressive-bridges/

http://edition.cnn.com/travel/article/most-amazing-bridges/index.html

http://www.telegraph.co.uk/travel/lists/the-worlds-best-bridges/

http://hiconsumption.com/2014/06/the-39-most-amazing-bridges-in-the-world/