Ons spesiale Paasprogram op Goeie Vrydag


Ons spesiale Paasprogram vir Goeie Vrydag, 19 April 2019

04:40 RSG Landbou (die tyd is net vir die spesiale dag)    

04:55 Ikra (die tyd is net vir die spesiale dag)

05:00 Nuus en reisigersweer

05:10 Oggendstemming – Terrance April

06:00 Nuus en temperature

06:10 Oggendstemming (voortgesit) – Terrance April

06:25 Kinders en Paasfees
‘n Oupa en sy kinders gesels oor die betekenis van Goeie Vrydag, Paasfees, paashase en paaseiers.

06:55 Weer (volledig)

07:00 Monitor (geen Nuus om 07:00)

08:00 Nuus

08:05 Gedagtes en musiek op Goeie Vrydag – Wouter de Wet
Die klem val op musiek wat die lyding van Christus uitbeeld, en sy opstanding uit die dood wat in verruklike musiek gevier word.
Onder die musiek wat gehoor sal word is die 17de eeuse Duitse paasgesang, Lasst uns erfreuen, wat ook in Engeland gewild geword het as Easter Alleluia. Dit word in ‘n imposante verwerking deur die sopraan Elisabeth Schwarzkopf gesing.

09:00 Oggenddiens – (geen Nuus om 9:00)

09:40 Naspel – Terrance April

10:00 Nuus

10:05 Laat alles wat asem het – Esté Gross
Hierdie spesiale Paasprogram is geïnspireer deur Psalm 150 vers 6 – Laat alles wat asem het, die Here Prys! Luister na verskeie klassieke arias en koorwerke, waarin die verlossing besing word, wat vir die mensdom deur Jesus Christus se kruisiging en opstanding bewerkstellig is.

11:00 Nuus

11:05 Waar Jesus jou ontmoet – Lizelle de Bruin
Lizelle de Bruin gesels met ‘n paar mense oor waar Jesus jou ontmoet, na aanleiding van die sewe woorde wat Jesus aan die kruis gebruik het.

12:00 Vers en klank – Frieda van den Heever & Herman Steyn (geen Nuus om 12:00)

13:00 Nuus

13:05 Paasdrama – Die prokurator van Judea deur Frieda van den Heever
Regie: Helena Hugo
Hierdie drama, wat afspeel in die nag voor Jesus gekruisig word, beeld Pontius Pilatus uit as Romeinse prokurator in konfrontasie met Kajafas en die Joodse raad. Pilatus se vrou, Claudia, word deur drome geteister en smeek hom om niks met die dood van die onskuldige man te doen te hê nie. Maar hy was sy hande in onskuld en lewer Jesus ter wille van stabiliteit en vrede aan die gepeupel uit.

Die spelers is Richard van der Westhuizen, Rika Sennett, Karen Wessels, Melt Sieberhagen, Francois Stemmet, Martin Jansen, Marcel Schoeman, Marinda Botha en Cobus Visser.

14:00 Nuus

14:05 Ave Maria – Terrance April
In verskeie liturgieë van veral die Katolieke kerk, word daar dikwels na Maria, die moeder van Christus, verwys. Dit is gebasseer op Bybelse tekste wat die lof en uitverkorenheid van Maria besing. Vele komponiste het hierdie tema gebruik om hulle eer te bewys. Terrance April wys hoe hierdie tema komponiste geïnspireer het.

15:00 Nuus

15:05 Ek was ook daar – Flip Loots
‘n Kykie na wie almal op daardie eerste Goeie Vrydag op die een of ander wyse daar was met Jesus se kruisiging, en wat elkeen se rol was.

15:45 Oorskakeling na Oppiwater – Amore Bekker

16:00 Nuus

16:05 Goeie Vrydag Lydings en HelingsMusiek – Jacqui January

Lydings- en helingsmusieksnitte om die stemming en gemoedstoestand van meer as 2000 jaar gelede te herleef.
Snitte van o.a. Die Ortodokse Bedehuis “Betanië” in Robertson en Willie Joubert met Eli Lama Sabagtani. En dan immergewilde bekende Christelike helingsmusiek.

17:00 Nuus

17:05 Pietman se Paasnaweek by Oupa Pieter – Christelle van Tonder
Pietman kuier oor die Paasnaweek by Oupa Pieter. Hulle gunsteling ding om saam te doen, is om te gaan visvang. Hulle gaan ook saam kerk toe, al hou Pietman nie van sy oupa se kerk nie. Die tannies sing snaaks! Pietman weet dit nie, maar sy oupa is baie siek.
Die storie is geskryf deur Fourie Rossouw, en word voorgelees deur Christelle van Tonder.

17:30 Paasoverture – Fritz Klaaste
‘n Kort klassieke verposing voor die Goeie Vrydag-aanddiens.

18:00 Nuus en weer (volledig)

18:05 Aanddiens

18:30 Paasfees saam met die jeug
Die Kopkrap-span raak nostalgies oor die jeug se Paastradisies en hoe hulle hierdie spesiale dag deurbring. Hulle bespreek alles van kos en paaseiers tot tradisies.

19:00 Paasdrama (herhaling) – Die prokurator van Judea deur Frieda van den Heever
Regie: Helena Hugo
Hierdie drama, wat afspeel in die nag voor Jesus gekruisig word, beeld Pontius Pilatus uit as Romeinse prokurator in konfrontasie met Kajafas en die Joodse raad. Pilatus se vrou, Claudia, word deur drome geteister en smeek hom om niks met die dood van die onskuldige man te doen te hê nie. Maar hy was sy hande in onskuld en lewer Jesus ter wille van stabiliteit en vrede aan die gepeupel uit.
Die spelers is Richard van der Westhuizen, Rika Sennett, Karen Wessels, Melt Sieberhagen, Francois Stemmet, Martin Jansen, Marcel Schoeman, Marinda Botha en Cobus Visser.

Louis van der Watt

Christine Bam

20:00 Die wonder van Paasfees – Haidee Muller
Haidee Muller sonder twee ervare musiekfoendies uit in hierdie program propvol geestelike musiek. Louis van der Watt, dirigent van die Canticum Novum- Stellenbosch Studentekoor en dosent aan die US, deel sy groot passie vir musiek met ’n geestelike verwysingsraamwerk, veral gewyde werke vir koor en orkes of a cappella. Hy gesels oor sy keuse van paasliedere. Dan loer Haidee in by Christine Bam, ‘n jong operasanger en koorafrigter van die Voce Armoniche-gemeenskapskoor. Christine en haar koor sing ook ‘n paar paasliedere.

21:00 Nuus en temperature

21:10 Musiek sonder grense (herhaling) – Amanda Olivier

22:00 Tjil

23:00 Nuus en weer (volledig)

23:10 Inbel: SOEKHOEK

 23:56 Laataandgedagte

23:59 Nuushooftrekke

Let wel: Geen boekvoorlesings, vervolgverhale, Vroeg Oggendgedagte; gewone kinderprogramme, dagskofte (soos GOEIE MORE OP RSG, ens), radiomark, sportprogramme, finansiële nuus, Geldsake, nuushooftrekke, ens. nie.