Regsake: Wat jy moet weet van die nuwe Kommissie vir BBSEB (BBBEE)


Regsake Maandag 27 Maart 2017

Igna Klynsmith verduidelik aan die hand van ‘n hofsaak, wat onparlementêre gedrag behels, asook die doel en werking van die nuwe Kommissie vir Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor kinders wat reeds nege jaar dieselfde bedrag huurgeld betaal om in hulle ma se huis te woon; of rente betaal moet word saam met die terugbetaling van ‘n huurder se deposito; en die nakoming van ‘n werker se kennismaand na sy bedanking.