Tjailatyd vernuwe


Amore Bekker

Van 1 April gaan sommige insetsetsels by Tjailatyd eers rus, maar daar is ander wat weer die lig sien. En soos Amore altyd sê, die skougehalte bly. Hier is die veranderinge:

  • Blitsbrein word Maandae, Dinsdae en Woensdae uitgesaai (17:15)
  • Resepte gaan op Dinsdae en Donderdae wees (17:15)
  • Reënboogstories, Basies Basie, Nurse Nettie en Toe val lig gaan eers van die radar verdwyn.
  • En dan is daar twee nuwe insetsels; Skarnier-oomblik en Toe weet ek net!

Skarnier-oomblik – Dinsdae om 16.30

As jy terugkyk op jou lewe, was daar dalk iets wat gebeur het, of wat iemand gesê het, wat jou hele lewe van rigting laat verander het. Jou 360grade ommeswaai, wat was dit?  En hoe het dit jou lewe verander?
epos aan amore@rsg.co.za

Toe weet ek net! – Maandag en Dinsdag 17:30

Elke paartjie het so ‘n storie. Hoe het julle ontmoet?  Wat was julle eerste woorde vir mekaar. “Hy sê altyd toe hy gekies het om sy vlug te verpas, om liewer met my te praat, was die beste besluit van sy lewe.”
Vertel, hoe, wanneer en waar…..ons kan nie wag om te hoor nie.
epos aan amore@rsg.co.za

Amore vertel self meer: