Donderdagaand: Kaapse Filharmoniese Jeugorkes


RSG neem luisteraars Donderdagaand 25 April om 20:00 regstreeks na die opening van die 16de Suidoosterfees. Die fees open met die Brimstone POPS met die Kaapstadse Filharmoniese Jeug Orkes op die verhoog in die operahuis van Kunstekaap. Op die podium is Brandon Phillips.

Martelize Brink is die aankondiger.

Die program bestaan uit ‘n verskeidenheid kunstenaars, klassieke sangers soos die sopraan Nombulelo Yende, Lauren Dasappa en Amanda Osorio (‘n vorige pryswenner van die RAPPORT SKOUERKLOP-prys by die Suidoosterfees), Madeega Anders, Jarrad Rickets (hoofsanger van die aanvanklike wengroep van die eerste Suidoosterfees Talentsoek! – The Pedestrians), die saksefoonspeler August West en ook Talitha Luiters: almal wenners in verskeie kategorieë in die Talentsoek-kompetisie!

Hier is enkele hoogtepunte uit die program:

  • This is the Moment
  • Nombulelo Yende sing Una voce poco fa!
  • Strangers on the shore
  • Summertime soos vertolk deur Lauren Dassappa
  • Die popsensasie Jarrad Rickets met FEVER!
  • Uit die opera RUSALKA Amanda Osorio met: die Lied aan die Maan deur Dvorák.
  • Talitha Luiters met SYMPHONY van Clean Bandit. Kom ons verwelkom vir Talitha!
  • NESSUN DORMA, gesing deur Given Nkosi
  • ORKES: SCENT of a WOMEN
  • I will always love you en At last
  •  BARCELONA – Jarrad Ricketts en Lauren Dasappa
  • Somewhere & Imagine (Nombulelo, Jarrad, Madeegha en 3 opera sangers)