Die Jolige Kannabus het by Hermanus opgepak
Siende dat ons nie mag reis op die oomblik nie, seg ek, kom ons reis in ons gedagtes. Siende dat Hans nou verlof het by Huis Madeliefie, neem ons hom saam oppi bus. Hy het ook ‘n sak daggakoekies by hom.
Só ons almal klim in ‘n denkbeeldige bus. Luisteraars het besluit bus se naam is “Die jolige kanna-bus”
Kry jou masker, kom reis saam! Ons reis van Knysna tot Richmond, ‘n Griekse eiland tot Molteno, van Sossusvlei tot Dullstroom: die reis is in ‘n oogwenk, ons is nooit moeg gery nie, en ons kuier enige plek waar ons verbeelding ons heen neem.
Ons reis verder
12 Augustus 2020
Vandag is ons in die Overberg, met die groen en geel heuwels en rondings. Ons kuier op Bredasdorp en Napier.
Koring, canola en skaapboerderye is die hoofboerderye in die streek, maar die appelstreek van Grabouw en die wynstreek naby Hermanus maak ook deel uit van die mooie Overberg.
Lees meer oor die Overberg:
https://theculturetrip.com/africa/south-africa/articles/11-top-things-to-do-and-see-in-south-africas-overberg-region/
https://en.wikipedia.org/wiki/Overberg
https://www.places.co.za/html/overberg.html
https://xplorio.com/en/regions/
https://www.western-cape-info.com/provinces/article/1130/activities-and-attractions-in-the-overberg
Ons reis tot dusver vanaf Dag#1: 2 Julie tot 11 Augustus
Donderdag 2 Julie 2020
Ons het Donderdag vertrek uit Johannesburg oppad na die Knysna woude toe.

Een magtige rit van Johannesburg na Knysna, via Trompsburg, Noupoort, Nieu Bethesda en Graaff Reinet
Ons eerste stop was op Trompsburg (1), waar ons vetkoek en koffie geniet het.
Lees meer oor Trompsburg:
https://en.wikipedia.org/wiki/Trompsburg
https://www.sa-venues.com/things-to-do/freestate/bysuburb/trompsburg/
https://www.places.co.za/html/trompsburg.html
Toe het ons ‘n draai gegooi in Noupoort (2), en nog daggakoekie proviand gekry vir die hele bus.
Lees meer oor Noupoort:
https://www.karoo-southafrica.com/eastern-upper-karoo/noupoort/history-of-noupoort/
Nieu Bethesda (3) was ons volgende stop waar ons die Uilhuis beleef het en die Kompasberg uit te klim.
Lees meer oor die Uilhuis
https://www.graaffreinet.co.za/listing/owl_house_nieu_bethesda
https://en.wikipedia.org/wiki/The_Owl_House
Toe is ons via Graaf Reinett (4) na Knysna (5).
Daar het ons by die Koppe oornag.
Vrydag 3 Julie 2020
Ons besoek Noetzi se kastele (6).
Lees meer oor Noetzi:
http://www.noetzie.co.za/history-of-noetzie/
https://pezulahotel.com/2019/03/25/a-quick-history-of-noetzie-beach/
En toe gaan kyk na die Belvidere kerkie by die Belvedere landgoed (7). DIe kerk is gebou in die 1800’s deur George Rex se skoonseun. Dit is in die Normandiese styl gebou. En die loodvensters kom van die Coventry Katedraal, wat gebombardeer is gedurende die 2e wêreldoorlog. Vensters later ingesit.
Lees meer oor die kerkie:
https://www.countrylife.co.za/travel/heritage/the-garden-routes-old-belvidere
Vandaar is ons via die Montagu pas (8) na Calitzdorp (9)
Lees meer oor die Montagu pas:
https://georgetrails.org.za/trail/montagu-pass/
https://www.sahistory.org.za/place/montagu-pass
https://en.wikipedia.org/wiki/Montagu_Pass
Saterdag 4 Julie en Sondag 5 Julie
Ons het op Calitzdorp gebly vir die naweek by ‘n lieflike gastehuis op die Groenfontein pad. Port geproe by die Nel’s op die plaas. Dis mos die Port hoofstad van die wêreld.
Lees meer oor Calitzdorp:
https://www.western-cape-info.com/provinces/town/142/calitzdorp
https://web.facebook.com/CalitzdorpTourism/?_rdc=1&_rdr
https://en.wikipedia.org/wiki/Calitzdorp
Maandag 6 Julie 2020
Maandagoggend het luisteraars laat weet hulle soek nou die hitte van die Kruger Wildtuin.
Antoinette en Oom Johannes nooi ons vir Tee in Theefontein naby Beaufort-Wes (10). Heerlike roosterkoek en Kaiings saam met die tee.
Theefontein is tussen Beaufort-Wes en Murraysburg geleë.
Lees meer oor Antoinette, Oom Johannes en Theefontein:
http://karoospace.co.za/the-singer-and-the-seer/
https://www.kruiekraaikoning.co.za/
https://web.facebook.com/KruieKraaiKoning/?_rdc=1&_rdr
Daarna nooi iemand in Richmond (11) vir ons vir Middagete by die Vet Plaasmuis restaurant.
Ons besoek die boeke museum op Richmond, asook die saalperd museum. Een van slegs twee inni wêreld. Ander een is in Kentucky, VSA.
Woensdag 8 Julie 2020
Vanoggend raak ons wakker in Richmond, ons is oppad Kruger toe, maar ons is oop vir uitnodigings langs die pad.
Lees meer oor Richmond:
https://en.wikipedia.org/wiki/Richmond,_Northern_Cape
https://www.sa-venues.com/things-to-do/northerncape/bysuburb/richmond/
http://www.richmondnc.co.za/richmond.html
https://www.safarinow.com/destinations/richmond-northern-cape/shops/richmond-bookshops.aspx
Ons is oppad na die Kruger Wildtuin, via Kaapschehoop (12).
Op Donderdag 9 Julie 2020, is ons in die Kruger Wildtuin (13).
Ons het Woensdag van Richmond in die Karoo tot hier gery.
Luisteraars het reeds foto’s aangestuur:
Vrydag tot Sondag 10 – 12 Julie
Ons kuier in die sonnige Wildtuin. Ons reis van die suidelike hek af tot naby die Orpen hek.
Lees meer oor Sanparke se Kruger Nasionale Park:
https://www.sanparks.org/parks/kruger/
Lees meer oor die verblyf in die Wildtuin: https://www.sanparks.org/parks/kruger/camps/
Maandag 13 Julie
Vanoggend het ons die Wildtuin by die Orpen hek verlaat en toe koers gekies na die Blyderivier Ravyn (14). En natuurlik het ons ook die Bourke’s Luck potholes en God’s Window. Ons het oor Acornhoek en Bosbokrand tot by Graskop gery en vandaar na die Blyderivier Ravyn. En toe na Pelgrimsrus (15).
Daar is ook wonderlike staproetes soos die Hippo staproete by die Blyderivier Ravyn.
En eens op ‘n tyd kon mens tot in Mosambiek sien van God’s Window af.
Lees meer oor Blyderivier Ravyn:
https://www.designerjourneys.com/blog/blyde-river-canyon-nature-reserve/
https://en.wikipedia.org/wiki/Blyde_River
https://www.safarinow.com/things-to-do/blyde-river-canyon/default.aspx
Lees meer oor Bourke’s Luck potholes:
https://www.amusingplanet.com/2014/10/bourke-luck-potholes.html
https://www.sa-venues.com/attractionsmpl/bourkes-luck-potholes.htm
Lees meer oor God’s Window:
https://www.sa-venues.com/attractionsmpl/gods-window.htm
http://www.mpumalanga.com/things-to-do/nature-wildlife/natural-attractions/gods-window-MTATT6795
Toe ry ons verder tot op die ou delwersdorpie, Pelgrimsrus.
Vanaand slaap ons op Pelgrimsrus.
Lees meer oor Pelgrimsrus:
https://www.rsgplus.org/wp-admin/post.php?post=37306&action=edit
https://www.lekkeslaap.co.za/akkommodasie-in/pilgrims-rest
https://www.pilgrims-rest.co.za/history/
Woensdag 15 Julie 2020
Vandag kuier ons heerlik op Tsipise (16).
Lees meer oor Tsipise:
https://www.safarinow.com/go/tshipiseaforeverresort?source=8263&gclid=EAIaIQobChMIr6yZttvO6gIVb4BQBh3z2g24EAAYASAAEgLYfPD_BwE&gclsrc=aw.ds
16 Julie 2020
Ons kuier op Haenertsburg (17). Ons het deur Magoebaskloof gereis en ons gaan die Wolkberge klim.
Lees meer oor Haenertsburg:
https://www.sa-venues.com/accommodation/haenertsburg.php
16 tot 19 Julie 20202
Lees meer oor Upington en die Eiland (18):
https://en.wikipedia.org/wiki/Upington
https://www.upington.co.za/die-eiland-holiday-resort/
20 Julie 2020
Ons was die naweek op Upington by die Eiland.
Ons vertrek vandag na die Weskus en Namakwaland (19) om te gaan blomme kyk.
Ons sit met ons tone in die koue water in Lambertsbaai (20)
Lees meer oor Lambertsbaai:
https://en.wikipedia.org/wiki/Lambert%27s_Bay
Lees meer oor Namakwaland:
https://en.wikipedia.org/wiki/Namaqualand
https://en.wikipedia.org/wiki/Namaqualand
https://web.facebook.com/namakwatoere/?_rdc=1&_rdr
21 Julie 2020
Vandag kuier ons in Graafwater (21) en besoek die Heerenlogement, ‘n grot wat eeue lank as oornagplek vir reisigers gedien het.
Lees meer oor Graafwater:
https://www.west-coast-info.co.za/region/town/246
https://en.wikipedia.org/wiki/Graafwater
https://www.sa-venues.com/things-to-do/westerncape/bysuburb/graafwater/
https://www.sahistory.org.za/place/graafwater
23 – 26 Julie 2020
Vandag gebruik ons nou werklik ons verbeelding en kuier op die Griekse eiland Rhodos (22)(ook genoem Rhodes), vernoem na die Griekse god Rhodos. Die eilande is aan die kus van Turkye geleë.
Bring ‘n besoek aan Lindos:
Lees meer oor Rhodos:
https://en.wikipedia.org/wiki/Rhodes
https://rhodos.gr/places-to-visit/the-acropolis-of-lindos/
27 Julie 2020
Vandag is die Kannabus sommer plotseling op Molteno (23) in die Oos-Kaap.
Molteno lê hoog in die Steromberge en is een van die koudste plekke in die winter, en dit sneeu gereeld hier in die winter. Dis nie ver van Tiffendel, Suid-Afrika se ski-oord.
Molteno is ook die dorp van Ouma Beskuit.
Lees meer oor Molteno:
https://en.wikipedia.org/wiki/Molteno,_Eastern_Cape
https://www.sa-venues.com/things-to-do/easterncape/bysuburb/molteno/
https://www.eastern-cape-info.co.za/provinces/town/597/molteno
https://www.countrylife.co.za/travel/heritage/the-story-behind-ouma-rusks
28 Julie 2020 tot 2 Augustus 2020
En vandag kuier ons op Darling (24) in die Wes-Kaap.
Lees meer oor Darling:
https://en.wikipedia.org/wiki/Darling,_Western_Cape
https://www.hellodarling.org.za/
https://www.west-coast-info.co.za/region/town/243
3 – 5 Augustus 2020
Vandag kuier ons op ‘n warm duin in die Namib-woestyn (25).
Lees meer:
https://www.sossusvlei.org/
https://www.thecommonwanderer.com/blog/sossusvlei-namibia-travel-guide-things-to-do
https://www.info-namibia.com/activities-and-places-of-interest/kaokoveld/skeleton-coast
6 – 9 Augustus 2020
Vandag kuier ons op Dullstroom (26) (Emnothweni) in Mpumalanga en vang forel in die strome.
Jy kan forel vang, mooi staproetes aanpak, gholf speel, ‘n roofvoël rehabilitasiesentrum besoek en ons eie ‘Skotse Hooglande’ geniet.
Lees meer oor Dullstroom:
https://en.wikipedia.org/wiki/Dullstroom
https://www.sa-venues.com/things-to-do/mpumalanga/bysuburb/dullstroom/
https://www.sa-venues.com/things-to-do/mpumalanga/dullstroom-bird-of-prey-and-rehab-centre/
https://www.dullstroom-info.co.za/town/article/1970/dullstroom-emnotweni-mpumalanga
10 Augustus 2020
Vandag gaan ons blomme kyk by Nieuwoudtville (27).
Nieuwoudtville is in die Namakwadistrik Munisipaliteit in Noord-Kaapland geleë. Dit lê op die Bokkeveld platorand, met die Nieuwoudtville waterval in die Doringrivier net ‘n paar kilometer buite die dorp.
Nieuwoudtville is in die Vetplant Karoo bioom en is ‘n baie gewilde toeriste bestemming in Augustus danksy die mooi en unieke nveldblomme. Die Karoovlakte aan die Bokkeveld platorand maak dié omgewing die veldbolplant hoofstad van die wêreld.
Daar is ook ‘n kokerboomwoud, plaaslike sandsteen ruïnes en vele meer om te sien
Lees meer oor Nieuwoudtville:
http://www.nieuwoudtville.com/
https://en.wikipedia.org/wiki/Nieuwoudtville
https://www.namakwa-info.co.za/region/town/526
11 Augustus
Ons is steeds in die blommewêreld van Namakwaland. Ons is op Kamieskroon.
Lees meer oor Kamieskroon:
https://en.wikipedia.org/wiki/Kamieskroon
https://www.sa-venues.com/things-to-do/northerncape/bysuburb/kamieskroon/