Reis sonde einde vervleg Lorca & Uys Krige
Reis sonder einde: Uys Krige & Federico Garcia Lorca
DEBUUT
Reis sonder einde is ‘n dramatiese speurtog van die mens se hunkering na emosionele en geestelike vervulling. Uys Krige verbeeld die brug wat hy tussen twee uiteenlopende kulture ontdek het. Bekoor deur die flamenco-ritmes skilder hy ‘n soldaat se eensame tog deur die woestyn en herskep hy in Afrikaans die Spaanse digter Federico Garcia Lorca se klaaglied oor sy gestorwe vriend. Ervaar Krige en Lorca vervleg tussendeur die kitaarmusiek van Paco de Lucia en Ricardo Morego se album, Dos Guitarras Flamencas.
Met Elma Potgieter & Schalk Jacobsz
+ There are no comments
Add yours