10 ATKV-Mediaveertjies vir RSG


RSG se mense het ‘n totaal van 10 toekennings by Vrydagaand se ATKVMediaveertjies ontvang.

Vanjaar is daar in die volgende kategorieë meegeding: LEES, LUISTER en KYK. Digitale bydraes vorm deel van al drie kategorieë.

Die beoordelaars in die Luister klategorie was Iris Bester, Rian Cloete en Willemien Marais.

Daar was sowat 150 inskrywings in die Luister kategorie.

Uit dié inskrywings, is die volgende wenners van RSG aangewys:

  • Martelize Brink vir beste dokumentêre program of programreeks vir Atlantis, verlore, gevind
  • Hanri Wondergem vir beste insetsel in ‘n opvoedkundige program vir Skenk jou lyk
  • Annemarie Jansen van Vuuren vir beste insetsel in ‘n joernaalprogram vir Kanarie se musiek tref emosionele note
  • Sophia van Taak vir beste teks in ‘n radiodrama vir Springgety
  • Renske Jacobs vir beste regisseur van ‘n radiodrama vir Kolskoot Visagie
  • Jody Hendricks vir beste aanbieder van ‘n aktualiteitsprogram vir Praat Saam: Hannah Cornelius uitspraak en vir beste aktualiteitsprogram vir Praat Saam: Nageboorte Depressie (wat aangebied is deur Lynette Francis)
  • Izak du Plessis vir beste insetsel in ‘n aktualiteitsprogram oor die Ramaphosa-termyn
  • Sue Pyler vir beste aanbieder van ‘n joernaalprogram vir haar onderhoud met Ivor Swartz
  • Veronique van Heynigingen vir beste joernaalprogram vir Middag op RSGKyk hier na die volledige lys van wenners.