Jody se nuwe rugbyprogram skop af op 1 April


Jody met die gesogte Currie Beker

Skrumtyd op RSG is Jody Hendricks se splinternuwe  program Maandagaande 20:00.

Vanjaar  is ‘n GROOT rugby jaar met die Wêreldbeker wat in September in Japan plaasvind.

Met al die opwinding rondtom die Springbokke wat vanjaar  gaan poog om vir ‘n derde keer die titel te wen, het RSG besluit om ‘n rugby-program te skep waar daar indiepte na die rugby-nuus van die dag gekyk word, verskeie aspekte van die spel ontleed sal word en waar rolspelers kans sal kry om hul insigte met die luisteraars te deel.

Skrumtyd op RSG begin op Maandag 1 April om 8-uur en Jody Hendricks sal die persoon agter die mikrofoon wees. Elke program sal ook op potgooi by www.rsg.co.za beskikbaar wees.

Meer oor Jody Hendricks
Jody het in Januarie 2013 by RSG begin deur net een sokker verslag per week te doen, wat ná ses maande na twee verhoog is. Nadat hy sy tande as verslagewer gesny het, het hy in April 2015 as Sport-anker begin.
Sederdien het hy verskeie toekenings vir sy werk as radio sport aanbieder ontvang. Hy is ook in 2015 as een van die Top 200 Jong Suid Afrikaners deur die Mail en Guardian koerant aangewys.

 

Jody en Joel Stransky

Jody by die Sewes sterre: Phillip Snyman (kaptein) en die afrigter Neil Powel.

Jody en Cheslin Kolbe.

Jody saam met Joost van der Westhuizen en oud-Springbokslot Mark Andrews (agter).

Jody saam met Springbokstut Jannie du Plessis

Jody by Bryan Habana

 

Jody en Warren Whiteley, Suid-Afrika se Springbokkaptein