Nuwe reekse en programskuiwe vanaf 1 Julie


Daar het onlangs ‘n paar nuwe programme begin, en indien jy nog nie ingeskakel het daarvoor nie, kan jy die potgooi gaan luister by rsg.co.za om op te vang en dan van daar af gereeld inskakel om die res te volg.

Sekere programme soos die boekvoorlesings is egter nie op potgooi beskikbaar nie agv regte, maar goeie nuus is dat daar ‘n omnibus in deurnag is.  Vanaf 1 Julie is daar ‘n paar skuiwe, maar ook opwindende nuwe reekse om die tweede kwartaal van die jaar af te skop.  Lekker luister!

 

Dag/Datum Tyd Programnaam Notas
Weeksdae (M-V) 14:45-15:00 Die Lingerfelders

Middagvervolgverhaal deur Mari Snyman.
Het op 1 Junie begin.
Luister vorige episodes op potgooi.
Weeksdae (M-V) 10:45-10:55 Die antie met die pienk rok en ander stories
Lochner de Kok lees Jan Spies se gewilde stories op sy eie unieke manier.
Het op 17 Junie begin en is nie op potgooi beskikbaar nie.
Luister die omnibus elke Saterdagoggend in Deurnag tussen 03:00-04:00.
Ma 29 Junie – Vry 3 Julie 10:30-10:40 Vlooi en die Sneeuman Spesiaal vir die kleinspan – kom geniet Vlooi se avonture vir ‘n beperkte tyd – slegs 5 dae!
Weeksaande

(M,Di,V) vanaf Wo 1 Julie

22:00-23:00 Diensprogramme – Siele aan diens, Geestesgesondheid,   Ek soek… Goeie nuus is dat luisteraars nou vroeër kan inskakel vir die diensprogramme, en reeds om 22:00 begin deelneem.  Ek soek… op Vrydagaande sal voortaan werksoek, mense en reünies inkorporeer.
Wo 1 Julie 22:00-23:00 Boekvoorlesing Omnibus – Die blou van onthou

Hierdie gewilde argief boekvoorlesing sal as omnibus aangebied word elke Woensdagaand.
Weeksaande (M-V) vanaf Wo    1 Julie 23:10 Tjil
Die rustige Tjil musiek skuif bietjie later en word net ná die 23:00 nuus gespeel om jou in ‘n laataand gemoed te kry.
Do 2 Julie 22:00-22:40 Koffer in Berlyn
‘n Reeks musiekprogramme van Hennie Aucamp se essays oor die kabaret.
Do 2 Julie 22:40-23:00 Islam in Fokus
Islam in Fokus, ‘n besprekingsprogram vir die Moslemgemeenskap, skuif effe vroeër as gewoonlik op ‘n Donderdagaand.
Sat 4 Julie 19:20-20:00 Haidee se Wegtreknommertjies

Haidee se Wegtreknommertjies is baie gewild en om dit meer toeganklik vir luisteraars te maak, skuif dit van ‘n Vrydagaand na ‘n Saterdagaand om 19:20.
Sat 4 Julie 21:10-22:00 Countryklanke
Countryliefhebbers kan nou ‘n uur vroeër inskakel vir hul gunsteling musiek saam met Jacques Arendt.
Sat 4 Julie 22:00-23:00 Kapityt
Sue Pyler se program met langarmdansmusiek is net wat jy nodig het om jou Saterdagaand mee af te sluit en sal ‘n uur later wees as voorheen.
So 5 Julie 10:05-11:00 Musiekonbons Ekstra

Reeks 2 begin, aangebied deur Terrance April.
So 5 Julie 19:01-19:30 Uit ‘n ander hoek

Jean Oosthuizen lei die program waar daar uit ‘n ander hoek oor spiritualiteit and geloofsake gesels word en ook die minder bekende en selfs uitdagende denkrigtings te ondersoek.
Ma 6 Julie 09:10-09:20 Katriena, vertel!
Inperking bederf met ‘n ekstra splinternuwe boekvoorlesing deur June van Merch.
Do 9 Julie 20:00-20:30 Dokumentêre reeks Verwys na aparte lys dokumentêre
Do 9 Julie 20:30-21:00 Van boek tot silwerdoek
‘n 13 week lange reeks deur Ilse Salzwedel waar daar gekyk word na topverkoper- of klassieke boeke wat rolprente geword het. Interessante stories en die mooiste klankbane is jou voorland.
Sat 11 Julie 11:30-11:45 Kat en Hond

‘n 13 week lange reeks deur Lizma van Zyl waar daar gefokus word op katte en honde as troeteldiere.  Eienaars en diereliefhebbers kan raad oor kos, siektes, gedrag en lekker stories oor dierekinders kry.