Die Johannesburg Varsproduktemark in City Deep is werkskepper en produkverspreider


Die Johannesburg Varsproduktemark in City Deep het nederig in 1893 begin, maar spog vandag met ‘n omset van R5-miljard. ‘n Miljoen ton se groente en vrugte word jaarliks daar verhandel, en 10 000 mense is elke dag daar om handel te dryf. Jy kan by 20 000 geregistreerde handelaars, wat 5 000 boere verteenwoordig, kies en keur tussen 341 variëteite. Die mark is ‘n werkskepper soos min, en sorg dat daar elke dag vars produkte op jou etenstafel is. Fritz Klaaste het deur hierdie besig mark geloop…

Luister vanaand om 20:00