Dokumentêr: Die musiekbedryf is by ‘n kruispad


Die musiekbedryf soos ons dit vandag het, moes homself telkemale vir dekades lank herontdek. Die eerste menslike stemopname is gemaak deur Edouard-Leon Scott de Martinville op 9 April 1860. Dit ‘n 20 sekonde opname van iemand wat ‘Au Clair de la Lune’ gesing het, ‘n klassieke Franse volkswysie. Ongelukkig kon die fonautograaf slegs die stem opneem, maar nie terugspeel nie.

Sedertien het klankopnames gedryf deur die musiekindustrie van sterkte tot sterkte gegaan. Ons het die grammafoon sien kom en gaan met vinielplate, kassette, CD’s en nou vandag, elektroniese weergawes. Die meeste musiekverbruikers hou daarvan om iets konkreets in die hand te hou, iets sigbaar, maar ons is ongelukkig nou reeds verby die periode.

Die kompakskyf wat die ruggraat van musiekverspreiding geword het is besig om sy laaste asemteue te neem. Daar is vandag slegs een CD pers in Suid-Afrika oor, en die produksiekoste het problematies geword gemeet aan insetkoste en CD-verkope. Musiek is nou bykans heeltemal digitaal, en die industrie wat dit bemark en voorsien aan die verbruiker moes met groot spronge probeer byhou by ontwikkeling. Selfs kunstenaars kan nie byhou met die vinnige verandering nie. Apple Musiek is tans besig om internet radiostasies daar te stel wat toegewyd is aan spesifieke populêre kunstenaars. Met slegs die betaling van ‘n klein maandelikse subskripsiefooi, het die verbruiker konstante toegang tot ‘n tamaaie groot aanlyn mediateek op die selfoon. Dit laat die volgende vrae: waar is ons, hoe het ons hier gekom, en hoe lyk die prentjie vorentoe.

Fritz Klaaste het die situasie bestudeer en het met ‘n paar betrokkenes gesels om van die knelvrae te beantwoord.

 

Videomateriaal 

Die viniel-era is die musiekindustrie se mees interressante era, en baie van die informasie was vir jare weggehou van die verbruiker. Hier is ‘n paar video’s wat die lig sal werp op ‘n paar van die geheime. Vir die doen-dit-self mense beslis iets om te probeer.

Die geskiedenis van die vinielplaat in ‘n kort video. Sien hoe word ‘n langspeelplaat gemaak. 

Wil graag jou eie vinielplaat maak wat werk? Kyk na die volgende video en eksperimenteer. 

Maak jou eie eenvoudige platespeler 

Kan jy musiek hoor van ‘n vinielplaat as jy ‘n banknoot in die groef plaas? Info vir agies