Luister weer: Huise van Hoop


Inwoners van een van die Huise van Hoop

Huise van hoop – die Echo jeugontwikkelingsprogram, is die naam van ‘n dokumentêre program wat op 3 September om 20:00 hier op RSG uitgesaai word.

Die program skets die besondere projek olv Jaco Strydom waar jong mense, wat om een of ander rede die pad byster geraak het, aan die hand gevat word.

Hulle word gehuisves in verskillende huise waar hulle menswees terug gegee word en hulle voorberei word om die lewe aan te pak.  Die huise is besondere plekke want hulle woon saam met ander jongmense wat ook ‘n plek in die lewe soek.

Vrolikheid by die Huise van Hoop

Elk van die huise het iemand soos ‘n agritek, maatskaplike werker ens wat as’t ware die vader of moeder in die huise is en na wie die jongmense kan gaan as daar probleme is.

Huise van hoop is ‘n program wat deur Hennie Maas saamgestel is.

 

 

Saam gaan alles beter

Avontuur is deel van die program