Kyalami – dit brul weer


Die nuwe Kyalami baan

Die Kayalami Grand Prix Baan is in 1961 gebou en het tussen 1967 en 1985 die Suid-Afrikaanse F1 Grand Prix 18 keer aangebied. Die baanuitleg is daarna ‘n paar keer aangepas, tot die laaste verandering in 1991, om weer die SA Grand Prix in 1992 3n die laaste keer in 1993 aan te bied. Die baan het daarna nog ander plaaslike en internasionale en plaaslike wedrenne soos die WSB (Wêreld Superbike) en A1 Grand Prix.

Maar die ekonomie het geknyp tydens die afwesigheid van internasionale wedrenne en is uiteindelik in 2014 opgeveil, met die nuwe eienaars, Toby Venter en Porche Suid-Afrika.

In sy dokumentêr bring Fritz Klaaste hulde aan hierdie ikoniese lewende museum aan die buitewyke van Suid-Arika se ekonomiese sentrum. Luister na “Kayalami – Dit brul weer in ons huis” op RSG.

Kyalami is ‘n lewende museum wat die Suid-Afrikaanse motorsportgeskiedenis sedert 1961 uitbeeld. Die wêreld se grootste name het al hier gery. In die ses dekades van sy bestaan het Kyalami geblom, gebloei, gesteier, geval en weer opgestaan. In November 2019 is die eerste internasionale wedren in 37 jaar daar aangebied, en Fritz Klaaste was daar.

Die baan is daarna voorberei vir die modern era van motorsport en ‘n Graad 2 FIA lisensie is toegestaan. Die baan kan dus enige ander internasionale motorwedren aanbied, behalwe ‘n F1 Grand Prix. Volgens Toby is dit baie moontlik om die baan verder op te gradeer na F1 status, maar die naam en instansie moet weer hervestig word sodat hernieude belangstelling weer die groot wedrenne en geleenthede na Johannesburg bring.

Die nuwe Die Kyalami Grand Prix Circuit en Konferensiesentrum is in Mei 2016 heropen

Ayrton Senna en Michael Scumacher verloor beheer in Kwalie SA Grand Prix 1993, Kayalami

Die 4.522 km Kyalami Grand Prix Circuit padoppervlak met 16 draaie, uniek ingesny in die golwende landskapskontoere van Kayalami is ‘n natuurlike en tegniese meesterstuk wat wereldwyd erken word as legendaries.

Jim Clark Lotus 49 – 1968 – South African GP (Kyalami)

Anders as ander Suid-Afrikaanse landsbakens en fasiliteite word die naam Kayalami (wat “my huis” beteken) wêreldwyd geken en sal ‘n nog groter en belangriker rol speel om toerisme te bevorder, en ‘n plek waar groot sakekontrakte geteken sal word.