Leipoldt se Polfyntjie


C Louis Leipoldt

Louis Leipoldt is vanjaar 140 jaar gelede gebore.  Wat het hy nagelaat?  En wat weet ons van hom?

Leipoldt was een van die invloedrykste skrywers van die vorige eeu.  Hy was ook een van die veelsydigste Suid-Afrikaners van sy tyd:  joernalis, mediese dokter, botanis, koskenner, digter en dramaturg.  In die program Leipoldt se Polfyntjie onderneem ons ‘n voëlvlug van die lewe en werk van dié kleurryke figuur – sy polfyntjie wat ons in bewaring moet hou. (Volgens die WAT is ‘n polfyntjie “ ‘n geskenkie of voorwerp wat herinneringe aan iemand of iets na vore roep”  Die tweede betekenis is ‘n pand – iets wat ‘n mens in bewaring hou.)

Luister Donderdag om 20:00 na dié dokumentêr deur Ina Strydom.

Hier is ‘n voorsmakie van wat op jou wag:

Luister hoe Leipoldt self van sy gedigte lees:

Luister na die volledige dokumentêr: