Olifantstropery neem toe in Wildtuin


Spektrum: Dinsdag 22 Augustus 2017

Daar is reeds sedert die begin van die jaar 30 olifante in die Nasionale Kruger Wildtuin gestroop.Die woordvoerder van SANPARKE, Ike Phaala sê die diere word gewoonlik in die blad geskiet sodat die koeël die long tref. Die olifant vlug, maar sak dan later inmekaar weens sy beserings. Die stropers wag gewoonlik nie tot die diere vrek voordat hulle die tande uitkap nie…