OUTA lê hoogverraad-klag teen Zwane


Monitor: Dinsdag 25 Julie 2017

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, OUTA, het gister strafregtelike aanklagte teen die Minister van Minerale Hulpbronne, Mosebenzi Zwane, by die Randburg-polisiestasie in Johannesburg ingedien. Die aanklagte sluit in verraad, korrupsie, afpersing, bedrog en diefstal.

Die bedryfshoof van OUTA, Ben Theron, sê Zwane is aangestel om die Gupta-familie en hulle sakevennote se belange te beskerm.