‘n Kersprogram, oujaarskonsert en opskiet-lekkertes vir jou oor die feesgety


Moenie bekommerd wees nie, jou gunsteling-radiostasie gaan jou geselskap hou dwarsdeur die fees- en vakansie-seisoen. Daar gaan ‘n paar aanpassings aan die RSG-programskedule wees, gaan kyk gerus op rsg.co.za vir meer inligting daaroor en op watter tye die veranderinge is.

Terselfdertyd wil ek jou vertel van ‘n paar opskiet-lekkertes waarna jy ook kan uitsien:

Middernag Serenade word van Maandag 25 tot Saterdag 30 Desember laataand net na die 23:00 nuus in die plek van die inbeldiensprogramme uitgesaai.

Die samesteller en aanbieder van Midderdag Serenade is ‘n gesoute radio-aanbieder, seremoniemeester en platejoggie, veral bekend aan die Oos-Kapenaars. Hy is Jacques Arendt en hy gaan RSG se laataandluisteraars hier oor die feestyd en in aanloop tot die nuwe jaar opbeur, laat goed voel, gerusstel en nuwe moed gee vir die nuwe jaar.

Lagsondergrense is vyf kort humor- insetsels wat ons vir Ian Wessels gevra het om vir ons te skryf en op te neem. Dit word van Dinsdag 26 Desember 2017 tot Maandag 1 Januarie 2018 tussen 13:00 en 14:00 uitgesaai in die plek van Spektrum wat daardie week wegval.

In dieselfde tydsgleuf word die vier Ferdinand Deist-stories wat Johnny Klein so mooi voorgelees het tydens die afgelope RSG Skatkis-fees.

Die Tale wat ons Praat word op Sondag 24 en Sondag 31 Desember vervang deur spesiale voorlesings uit die 95-jarige skrywer Elsa Joubert se jongste boek Spertyd.

Ons het ook spesiale programnme vir Kersdag saamgestel.

Op oukersaand word die Karoo Krismis-konsert uitgesaai. Dit is ‘n program wat Coenie de Villiers en sy orkes vir RSG saamgestel en opgeneem het voor ‘n gehoor.

Oujaarsaand sit RSG die wêreldwye operette-tradisie voort met ‘n Operette-gala program wat Wouter de Wet saamstel en aanbied.

Die laaste uur en ‘n half van 2017, oujaarsaand, hou ons konsert op RSG. Johan Rademan is die aanbieder van RSG se oujaarskonsert, wat onlangs by Die Boer-teaterrestourant in Durbanville opgeneem is.

Hierdie dan so ‘n lusmakertjie van waarna jy kan uitsien op RSG hier oor die vakansietyd:

Een van die Ferdinand Deist stories:

Die oujaarskonsert: