Helenvalers dig teen die pyn


Die talentvolle Helenvale digters

Moord en doodslag trek altyd die meeste aandag, daarom glo baie mense Port Elizabeth se Helenvale is ‘n plek net van bendegeweld, nie ook van poësie nie. Mariska Spoormaker het op ‘n Saterdag by Helenvale Primary met ‘n klompie digters gaan praat. Hulle was toe aan die voorberei om die McGregor Digtersfees in die Wes-Kaap by te woon. Die 14-jarige Lee-Ann Fluks het baie fluks uigesien na die fees…

Die moeder wat begin dig het ná haar seun se skietdood

Tussen die hoofsaaklik jong Helenvale-digters, het Mariska Spoormaker die 58-jarige Margaret Armoed, ook ‘n digter, gevind. Haar seun Byron, een van die stigsterlede van die Helenvale-digters, is drie jaar gelede doodgeskiet. Armoed vertel hoekom sy die poësie-pen opgetel het.