Die gevaar as ‘n politieke party omstrede lede omhels


Hou die insluiting van omstrede en moontlik korrupte mense ‘n risiko in vir ‘n politieke party?

Ontleders meen die insluiting van twee omstrede voormalige LUR’e vir Gesondheid, Qedani Mahlangu en Brian Hlongwa, in die ANC se uitvoerende komitee in Gauteng kan politieke risiko vir die ANC inhou – byna op dieselfde vlak wat die Patricia de Lille-sage vir die DA ‘n politieke risiko is. Wat is die strategiese oorwegings as politieke risiko’s soos knaende tandpyn binne jou party is?