Zille-twiet, OB, politieke korrektheid en vryheid van spraak: Hoe nou?


Die OB word sterk gekritiseer omdat sy haar uitgelaat het oor Helen Zille se twiet oor kolonialisme. Dis nie die Openbare Beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane, se mandaat om sulke twiets te ondersoek nie. Nou het die Raad vir die Bevordering van die Grondwet ook die OB se ondersoek na Zille se twiet bevraagteken.

Volgens die OB het Zille nie in goeder trou opgetree nie, maar volgens Zille word in Suid-Afrika verwag dat mense hulle gedagtes moet inperk om by politieke korrektheid in te pas.

In Praat Saam het kundiges die volgende vraag bespreek: Wat is die plek van politieke korrekte optrede in ‘n demokrasie wat vryheid van spraak verseker?