‘Mof en sy mense’ – Luister weer


CJ Langenhogen en Herrie-Mof, die inspirasie vir Mof en sy mense.

Radioteater: “Mof en sy mense”

Deur C.J. Langenhoven. Vir die radio verwerk deur André Kotzé.

“Mof en sy mense word op 8 Oktober  om 20h00 op RSG uitgesaai.

STORIE

Die omslag van Mof en sy mense

Die verhaal speel af op ‘n plaas in die Klein Karoo aan die einde van die Spaanse griepepidemie (1918-1920). Frikkie van Zyl en sy aangenome suster Poppie, begin ‘n lewe saam in ‘n tyd van siekte, droogte en finansiële swaarkry. Hy gee vir haar ‘n klein hondjie present, wat vir die gestremde Poppie troos bied en vreugde bring. Frikkie se jonger broer Helgaard, wat as prokureur praktiseer, se onverantwoordelike optrede veroorsaak groot teenspoed. Sy ouer broer Gert, wat as chirurg in Europa naam gemaak het, se latere besoek aan Frikkie en Poppie, bring uiteindelik welkome verligting.

Dit is ‘n verhaal van swaarkry –  die griepepidemie, broedertwis, droogte en Poppie se gestremdheid, maar ten spyte van al die teëspoed, vind hulle tog ook vreugde in hulle verhoudinge en veral in die hondjie, Mof, se teenwoordigheid.

SPELERS

Wessel Pretorius(Eben) is die joernalis in die wendrama van die 2015 RSG/SANLAM Radiodrama Skrywerskompetisie; Vergifnis deur Charles J Fourie.

Wessel Pretorius is Frikkie en

Karli Heine

Karli Heine, die gestremde Poppie.

Susanne Beyers

Susanne Beyers is hulle bejaarde moeder en

Carel Nel

Carel Nel die jonger broer, Helgaard.

Charl van Heyningen

Charl van Heyningen is die ouer broer, Gert en

Pierre Nelson, die besigheidsman, John Delane.

Dean Balie

Dean Balie doen die stem van Mof, die hondjie.

TEGNIESE EN AKOESTIESE VERSORGING

Joanie Combrink

Die  meeste van die byklanke in die drama is deur die spelers self gedoen en Cassi Lowers was verantwoordelik vir die tegniese en akoestiese versorging.

Stemmingsmusiek  is gekies uit tradisionele, ou Afrikaanse Volksmusiek , om die atmosfeer van die tyd te probeer weergee.

Die drama is in Kaapstad opgevoer onder regie van Joanie Combrink.