Luister weer: ‘Sjarrap en eet jou kos!’


Ilné Fourie

Die Vrystaatse dramaturg en aktrise, Ilné Fourie, se komiese radiomdrama Sjarrap en eet jou kos! is al as “briljant” en uitstekend” deur RSG-luisteraars beskryf. Haar lekkerlag-vermaak is deur ander met “volpunte” bekroon en iemand het bygevoeg dat dit tot “giggel op giggel” gelei het.

Goeie nuus is dat dié kostelike komedie herhaal gaan word – en nie om die monde te laat water of luisteraars na restaurantkos te laat verlang nie.

Sjarrap en eet jou kos! is weer op Donderdag 16 April om 20:00 uitgesaai. Die oorspronklike verhoogstuk is deur Eben Cruygwagen vir die radio verwerk.

Betree die gedagtewêreld van die kelner om vanuit daardie uiters intieme kennismaking, die (on-)heilige, nooit gehoorde dinge (met apologie aan N.P. van Wyk Louw) hóór wat kelners moontlik hulle klante hardop sou wou toesnou. Vrae soos: Wat het julle wat lekker is? Of: Waar kan ons sit waar dit nie so warm is nie? Of: Wat is in julle lemon meringue? Dié vrae is genoeg om enige moeë kelner teen die mure uit te dryf!

Fourie was self vir lank ‘n kelnerin en het van haar wedervaringe verwerk. Hierdie lewensgetroue humor het een luisteraar laat skryf: “Ek lê soos ek lag, al pyn my rug…”

Die teks is ideaal geskik vir die radio, aangesien die luisteraar die gedagtewêreld van die kelner betree en vanuit daardie uiters intieme kennismaking, die (on-)heilige, nooit gehoorde dinge (met apologie aan N.P. van Wyk Louw) hóór wat kelners moontlik hulle klante hardop sou wou toesnou. Vrae soos: Wat het julle wat lekker is? Of: Waar kan ons sit waar dit nie so warm is nie? Of: Wat is in julle lemon meringue? Dié vrae is genoeg om enige moeë kelner teen die mure uit te dryf!

Radiodrama is intiemer as die lewe en besorg dus aan Sjarrap en eet jou kos! die voordeel, aangesien die luisteraar wéét die klant hoor nie wat die kelner dink nie, en juis daarom is haar antwoorde soveel snaakser as wat dit op die verhoog is.

“Die teks is só lewensgetrou, dat n mens nie anders kan as om te glo dat die skrywer eerstehandse ervaring moet hê van die belewenisse van kelners nie,” reken Cruywagen. “Daardie geloofwaardigheid maak van hierdie drama ‘n klein juweeltjie!”

Martelize Kolver is Die Kelner, en die klante is Susanne Beyers, Roeline Daneel, Gina Assanté, Leon Kruger, Chris Majiedt en Ludwig Binge.

Die regisseur (en verwerker) in Kaapstad was Eben Cruywagen.