RSG en Ukhozi ruil Afrikaans en Zoeloe uit


Martelize die seremoniemeester.

Siya en Selby

‘n Daaglikse uitruil van taal, kultuur en ooreenkomste tussen twee stasies het ‘n wêreld van vriendelikheid, mededeelsaamheid en verdraagsaamheid vir my oopgemaak, skryf Martelize Brink.

RSG het vir ‘n week elke dag by Ukhozi FM, ons Zulu susterstasie oorskakelings gedoen om bymekaar te leer.

Siya en Selby van die “12 to 3 Café” het my so welkom laat voel. Na elke uitsending was hul luisteraars se terugvoer op Twitter ‘n riem onder my hart. Soms het iemand gereageer met Afrikaans of hulle het my poging om Zulu ordentlik uit te spreek geloof.

Ons het hulle geleer van Oom en Tannie, die woorde wat regdeur SA gebruik word soos “lekker” en natuurlik ons liefde vir ‘n braai en die Sondag middagetetafel.

Tydens dié Lente-uitsending het ek geleer hoe jy “Gelukkige Lente” in  Zulu sê. Van my kant, Intswasahlobo Emnandi. Met die klem op NAAANdi. Ngiyabonga, Ukhozi FM!

Luister hier na die heerlike uitruiling: