RSG se dokkies Jan – Mrt 2022


RSG se volgende dokumentȇre reeks is volstoom aan die gang.

In Februarie kan jy luister na Martelize Brink se gesprek met Duimpie Bayli en haar program oor die Kunste Kaap se 50 bestaansjare.  Johan van Lill kyk na Transgender mense en Fritz Klaaste werp meer lig op die werk van die Oblate Susters.

Die programreeks skop op 6 Januarie 2022 af en sal vir 13 agtereenvolgende weke op Donderdae om 20:00 uitgesaai word.

1ste DOKUMENTERE SEISOEN 2022

Februarie en Maart 2022

NO DONDERDAE 20:00-20:30 PERSOON ONDERWERP
5 3 Feb Martelize Brink Duimpie Bayly

Martelize en Duimpie Bayly

6 10 Feb Johan van Lill Transgender  – om myself te wees

Robert Hamblin

7 17 Feb Martelize Brink Van Nico Malan tot Kunste Kaap – 50 jaar van kunster in die Kaap

Kunstekaap

8 24 Feb Fritz Klaaste Geskiedenis en werk van die Oblate Susters Orde van die Rooms Katolieke Kerk van Suid Afrika.

Sr Anne-Rafaël (Rozerra Klaaste)

9 3 Maart Heindrich Wyngaard Adam Smal en Jakes Gerwel. In begrypende vriendstap
10 10 Maart Jacqui January Saffraan, die duurste speserye op aarde
11 17 Maart Haidee Muller Die Blommeverkopers van Adderley Straat

 

12 24 Maart Este de Klerk Agter die masker – episode 1
13 31 Maart Este de Klerk Agter die masker – episode 2

 

Meer inligting oor die eerste vier dokumentêre van 2022: Januarie 2022

6 Jan Johan van Lill In die dokumentêr “Namakwaland: ‘n Fontein van stories” vat Johan van Lill die pad Namakwaland toe om by ‘n paar storievertellers te gaan kuier. Die stories wat Namakwalanders vertel is nie grappe nie, dis stories oor dinge wat gebeur het en mense wat bestaan het of nog bestaan.

13 Jan Ina Stydom CM van den Heever – ‘n man van sy tyd
‘n Argiefdokkie oor CM van den Heever wat aanstaande jaar 120 jaar gelede gebore is.
20 Jan Johan Rademan Broers – van gister tot vandag.
n Kykie na die doen en late van die sanggroep Broers en hul invloed en bydrae tot die Afrikaanse musiekbedryf.

Cobus en Christo Snyman

27 Jan Jody Hendricks Die diep donker web.
Die donker web is vol geheime, onwettighede en onheilighede. Drie kundiges ontsluit dié deel van die internet wat nie maklik toeganklik is nie, vir ons.