RSG se program by die KKNK
Wanneer laas was jy by die KKNK in Oudtshoorn?
RSG is al die afgelope 24 jaar elke jaar daar voor die CP Nel-museum. Met ‘n musiekverhoog propvol kunstenaars, die Beiteltjie se radio-argiefmateriaal, en regstreekse uitsendings op verskeie dae, is die geel kol voor die CP Nel-museum in Baron van Reede straat die plek om te wees!
Kom ontspan saam met RSG en knoop miskien ‘n gesels aan met RSG-omroepers wat daar gaan wees.
Besoek RSG se aanbieding daagliks vanaf 10-uur elke oggend van Donderdag 29 Maart tot Woensdag 4 April.
Klik hier vir die verhoogprogram en Beiteltjie-program.