Sal die masjientjie Damien se siekte genees? Luister weer
Donderdagaand 10 Desember om 8 uur in Radioteater kon jy luister na Die Masjientjie deur Joe Kleinhans.
”Joe Kleinhans droom hy skryf ‘n radiodrama getiteld Die Masjientjie. Met die opstaanslag skryf hy enkele nota’s neer oor wat hy van sy droom onthou: Beatrice Nortje se Skotse ingenieursvriend, Scott McFadden, werk aan ‘n masjientjie wat mense kan help om van pyn ontslae te raak. Die masjientjie word Scott se nalatenskap. Gou word dit gewild in die gemeenskap. Dan word Beatrice se seun, Damien, ernstig siek. En dis wanneer sy haar ternouernood na die masjientjie wend…”
Só skryf die regisseur van Die Masjientjie, Amor Tredoux.
En terwyl Joe sy nota’s skryf onthou hy wat sy oorlede ma altyd gese het: ‘Die mens wik maar God beskik’.
Die Masjientjie word 10 Desember om 20:00 in Radioteater op RSG uitgesaai met ’n hele aantal nuwe stemtalente. Joe Kleinhans se droom word waar.
Die storie
Beatrice Nortje is ‘n werklose boekhoudster en enkelouer van ‘n twintigjarige verstandelik gestremde seun, Damien. Haar posisie raak al hoe meer benard as dit duidelik word dat Damien ernstig siek is. Waar sal uitkoms vandaan kom? Van Pastoor Glen Jansen, kerkleier op Lasarusfontein? Of van oorlede Scott McFadden se raaiselagtige masjientjie? Geloof en werke…’Wat beteken die een sonder die ander’ is die vraag wat sy gedwing word om haarself te vra.
Gerwen Weinheimer maak haar buiging voor die mikrofoon in die rol van Beatrice. So ook Jolene Martin as die empatieke Tammy Willemse. André Samuels gee stem aan nutsman Jimmy Truter. Glen Jansen, die pastoor met ‘n paar geraamtes in sy kas, word vertolk deur Chris van Niekerk, terwyl Robin Smith Beatrice se oorlede minnaar, Scott McFadden, speel. Zenobia Kloppers en Cantona James is respektiewelik Ma Frances en die verstandelik gestremde Damien Nortje.
Tegniese versorging is deur Cassi Lowers.
Die regie word behartig deur Amor Tredoux.
REGISSEURSWOORD deur Amor Tredoux
Joe Kleinhans droom hy skryf ‘n radiodrama getiteld ‘ Die Masjientjie’. Met die opstaanslag skryf hy enkele notas neer oor wat hy van sy droom onthou: Beatrice Nortje se Skotse ingenieursvriend, Scott McFadden, werk aan ‘n masjientjie wat mense kan help om van pyn ontslae te raak. Die masjientjie word Scott se nalatenskap. Gou word dit gewild in die gemeenskap. Dan word Beatrice se seun, Damien, ernstig siek. En dis wanneer sy haar ternouernood na die masjientjie wend…
En terwyl Joe sy notas skryf onthou hy wat sy oorlede ma altyd gese het: ‘Die mens wik maar God beskik’.
Die Masjientjie word 10 Desember op RSG uitgesaai. Joe Kleinhans se droom word waar.

Vlnr. Amor Tredoux, Zenobia Kloppers, Cantona James, Gerwen Weinheimer, Robin Smith, Chris v Niekerk, Jolene Martin.

Vlnr. Amor Tredoux, Zenobia Kloppers, Cantona James, Gerwen Weinheimer, Robin Smith, Chris v Niekerk, Jolene Martin.
Voorgrond Cassi Lowers.
Die talentvolle span wat stem gee aan sy drama is…
Gerwen Weinheimer as Beatrice
Jolene Martin as Tammy
André Samuels as Jimmy
Chris van Niekerk as Pastoor Jansen
Robin Smith as Scott McFadden
Zenobia Kloppers as Ma Frances
Cantona James as Damien.
Die kies van musiek vir ‘n drama is vir my altyd ‘n lekkerte. Ek wend my na van my geliefkoosde kunstenaars en komponiste om Joe se teks te ondersteun:
Agnes Obel, Lisa Gerrard, Yoyo Ma, Mari Samuelson. Ook ons eie Suid-Afrikaanse Kate Borthwick, se komposisie, Spekboom Vernal, kan in Die Masjientjie gehoor word.
DIE SKRYWER – Joe Kleinhans
Joe Kleinhans is op 28 Mei 1950 in Vrede gebore. Hy is getroud met Joanne. Hulle het twee dogters en vier kleinkinders. Joe het ‘n Honneusrgraad in Ekonomie aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Skryf is nog al die jare vir hom ‘n passievolle stokperdjie.
In 1984 word sy eerste radiovervolgverhaal Patrys uitgesaai met Rina Nienaber in die titelrol. Hy skryf twee televisiereekse “Witgoud” en “Die wel en weë van Thys Coetsee”. Sy enkeldrama vir televisie “Mauwie” is ‘n Downsindroom-liefdesverhaal waarvan Regardt van den Bergh die regisseur was met Mauritz Vorster in die titelrol.
In 2007 wen hy die RSG en Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie met die radiodrama ‘n Oordeelsfout. In 2011 behaal hy die derde prys in dieselfde kompetisie met sy drama Die Aanval. Hy is met sy radiodrama “Straatfamilie” ‘n finalis in 2016. Mauwie is ook as radiodrama op RSG uitgesaai.
Joe het reeds meer as twintig radiovervolgverhale en ‘n handvol radiodramas geskryf waarvan die laaste twee “Die Gang” en “En toe kom Eva” was. Meer onlangse radiovervolgverhale vir RSG sluit in Beproewing, Afsluiting, Agendas, Tweespalt, Vergelding en Weerwraak.
Onthou: Donderdagaand 10 Desember om 20h00. Die Masjientjie. Lekker luister!