Skaakmat: Salaris-eise, maar SA sonder geld


Is SA se staatskas leeg gesteel?

Die vakbondfederasie, Saftu, sê die regering behoort die skuld te kry vir ‘n dreigende landwye staking in die staatsdienssektor. Dit volg nadat salarisonderhandelinge tussen staatsdiensvakbonde en die regering op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Die regering se aanbod was dat salarisse verhoog kan word op die voorwaarde dat werkers sekere byvoordele prysgee. Al die vakbonde het die aanbod verwerp. Ons bespreek die politieke en ekonomiese gevolge indien die spanning eskaleer sonder enige skikking.