Só klink dit as mens jaag
Kyk, dis nie aldag dat mens teen ‘n spoed van meer as 220km/uur om die Kyalami-baan jaag nie. Maar dis wat twee RSG-luisteraars te beurt geval het. Derrich Gardner het onlangs op Brekfis met Derrich twee dubbelkaartjies weggegee vir die SA Festival of Motoring (31Aug – 4Sept), wat ingesluit het ‘n Spin om Kyalami in ‘n splinternuwe Audi.
Die wenners was Madaleen Labuschagne en Alex le Roux, 17-jarige van Kempton Park. RSG en Brekfis se Wiele-aanbieder Nico Smit het agter die stuur ingeskuif om ons wenners vir 5 min teen vinniger as vinnig om Kyalami te neem.
Luister na Madaleen se reaksie kan op die klankgreep gehoor word, met Nico wat elke draai beskryf.
Kyk na die video van Alex se spin om die baan.
.