Spataar-ulkusse kán genees word

Wat gebeur met spatare as dit nie behandel word nie? Ons fokus vandag op die gevolge van spatare, naamlik spataar (venuese) ulkusse. Ons kyk hoe verstommend die liggaam is dat bloed sonder ’n pomp teen swaartekrag opwaarts kan vloei na die hart, en die interessante klepstelsel in die are van die bene – en wanneer dinge skeefloop. In Gesondheid op RSG gesels Marí Hudson met Dr Johan Blignaut, ‘n spesialis chirurg van die Vein Centres of South Africa met die nuutste behandeling van bloedvat-probleme in die bene, dus spatare, spinnekop-are, spataar ulkusse en diep veneuse trombose. Sy praktyke is in Johannesburg en Durban.   Om te onthou: As jy ‘n been ulkus het, weet jy vir seker wat is die oorsaak? Is dit diabetes, spatare of slagaar-probleme hoofsaaklik weens rook? As die oorsaak spatare is (en dit is in 70% … Lees meer Spataar-ulkusse kán genees word