Nuwe reeks: Geloof wat grondvat


Dr Isak Burger en sy motorfiets by dr Christina Landman

Hoe lyk die lewe na die dood? Mag ek ander kerkgenootskappe as die een waaraan ek behoort, besoek? Het ons nog dominees nodig? Hoe moet ek dink oor die hel?

Hierdie is maar enkele van die onderwerpe wat behandel word in die nuwe programreeks GELOOF WAT GRONDVAT wat Sondagaand, 7 Julie 2019 om 19:10 op RSG begin.  Flip Loots is die aanbieder, terwyl daar naas Christina Landman wat in elke program bysit, kundiges soos prof. Nico Botha, dr. Isak Burger, en nog meer betrek word.

In hierdie reeks word vrae wat in kerkmense se harte lewe oor sake wat in die Bybel aangeraak word, prakties beantwoord deur die kundiges. Luisteraars kan hulle menings lug deur SMS’e na die ateljee te stuur, of per epos met die deelnemers gesels.

Episode 1:
Baie mense wonder of dit dislojaal teenoor hul eie kerke is om ander geloofsgemeenskappe te besoek. En sal sulke besoeke nie dalk hulle eie oortuigings deurmekaar krap nie?