Wat is die invloed van selfdood op mense se geesteslewe?


Uit ‘n ander hoek

Selfdood is die siekte van wanhoop. Dit is ʼn onderwerp wat dikwels deur die samelewing gestigmatiseer word en waaroor daar baie vrae, mites en onkunde is. Jean Oosthuizen gesels met prof. Lizette Rabe, hoof van die departement joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch, en die vryskutjoernalis en skrywer, Jeanne Els, oor selfdood en die invloed daarvan op mense se geesteslewe.