Sport… van droëbek tot ‘n mondvol!


Welkom terug aan ons geliefde Sport!

Daar is al soveel gesê en geskryf oor Covid en die impak op die samelewing. Een van die sektore wat tot halt geroep was voreër die jaar was Sport. Nie net het deelnemers droëbek gesit en kyk hoe hulle, nie net van die oefenveld nie, maar ook van die wedstrydveld gehou word. Maande het verloop en die onsekerheid wou net nie die wyk neem nie.

Die son het stadig maar seker weer begin skyn op Sport. Eers het kompetisies in die lande waar Covid min invloed gehad het, soos in Kiwiland afgeskop, voordat Suid-Afrika ook sy sportdeure oopgegooi het met voorskrifte en reëls natuurlik. Daar sit ons nou November met ‘n mondvol sport byeenkomste en dit maak regtig nie saak (vir die oomblik) dat wedstryde en byeenkomste sonder toeskouers aangebied word nie. Die gevolge vir Radio is natuurlik dat van die bywoners van byeenkomste nou tuis bly en Radio luister, skryf Pieter van den Berg, weereens lid van ons uitsaaispan.

Goeie nuus oor RSG se Sportuitsendings…

RUGBY

Ons kan met trots aankondig dat daar gereelde sportuitsendings op RSG se skedule op luisteraars wag. In Oktober het ons gefokus op die terugkeer van Rugby na die velde en ons radiogolwe. Daar word gereeld kommentaar en verslae oor die plaaslike Superrugbyreeks uitgesaai. En sit is nie waar Rugby stop nie. Daar lê nou 2 maande se Curriebekerwedstryde voor. Die nuwe Carling Black Label Curriebekerreeks begin op 27 November en duur tot 23 Januarie en RSG gaan gereelde tellings, regstreekse verslae en deurlopende kommentaar tydens wedstryde uitsaai.

GHOLF en KRIEKET

Drie Europese- en Sonreeks-gholftoernooie word in November en Desember in Suid-Afrika gespeel. RSG het die uitsaairegte verkry en sal vir vier dae van elke toernooi gereeld verslag en kort brokkies kommentaar doen oor gebeure.

Die Joburg Ope word van 19 tot 22 November op Randpark in Randburg gespeel. Daarna volg die Alfred Dunhill Kampioenskap op Leopard Creek van 26 tot 29 November en die SA Ope op die Gary Playerbaan op Sun City van 3 tot 6 Desember.

Internasionale Krieket is ook terug op RSG. Engeland se Krieketspan toer aan die einde van November en begin Desember in Suid-Afrika. Daar sal drie T20 wedstryde op 27 en 29 November asook 1 Desember gespeel word. Die drie Eendagkragmetings is geskeduleer vir 4, 6 en 9 Desember. RSG sal tydens al 6 wedstryde ons luisteraars op hoogte van gebeure hou.

 

Curriebekerbepalings 2020/21

Vrydag 27 November

19h00: Haaie vs Pumas (, Durban)

 

Saterdag 28 November

16h30: Griekwas vs Leeus (Kimberley)

19h00: WP vs Bulle  (Kaapstad)

 

Vrydag 4 Desember

19h00: Pumas vs Griekwas (‎Nelspruit)

 

Saterdag 5 Desember

16h30: Bulle vs Vrystaat (Pretoria)

19h00: Leeus vs WP  (Johannesburg)

 

Vrydag 11 Desember

19h00: WP vs Pumas (Kaapstad)

 

Saterdag 12 Desember

16h30: Vrystaat vs Leeus (Bloemfontein)

19h00: Haaie vs Bulle  (Durban)

 

Vrydag 18 Desember

19h00: Pumas vs Vrystaat (‎Nelspruit)

 

Saterdag 19 Desember

16h30: Griekwas vs Bulle  (Kimberley)

19h00: Leeus vs Haaie (Johannesburg)

 

Saterdag 26 Desember

16h30: WP vs Griekwas (Kaapstad)

19h00: Bulle vs Leeus ( Pretoria)

 

Sondag 27 Desember

16h30: Vrystaat vs Haaie (Bloemfontein)

 

Saterdag 2 Januarie 2021

14h00: Pumas vs Leeus (‎Nelspruit)

16h30: Haaie vs Griekwas (Durban)

19h00: Vrystaat vs WP (Bloemfontein)

 

Vrydag 8 Januarie

19h00: Pumas vs Bulle (‎Nelspruit)

 

Saterdag 9 Januarie

16h30: Griekwas vs Vrystaat (Kimberley)

19h00: WP vs Haaie (Kaapstad)

 

Saterdag 16 Januarie 2021: Halfeindwedstryde

 

Saterdag 23 Januarie 2021: Eindstryd

 

Pieter van den Berg skryf: “…terug by my uitsaaifamilie!”