Martelize laat haar rolstoelwiele sing


Die 15de jaarlikse OCC Outeniqua Rolstoel-uitdaging het op 18 Februarie plaasgevind. Deelnemers kon kies tussen die 10, 21 of 42 km wedlope of ‘n 5 km pret-geleentheid. Meer as 1200 deelnemers het op George toegesak om aan een van die min geleenthede van sy soort te deel te neem.

Martelize, een van die dag se wenners

Martelize Brink skryf só oor haar deelname.

Alle rolstoel gebruikers van alle ouderdomme is by die geleentheid verwelkom. Atlete van so ver as Zimbabwe, Ghana en Namibie het die tog aangepak om vir die titels en prysgeld te wedywer.

Top atlete soos Ernst van Dyk het vir die 15de agtereenvolgende jaar deelgeneem.

Ek het aan die 10 km deelgeneem en alhoewel dit baie goed verloop het, besef mens net weer eens wat ‘n verskil die regte stoel maak in die proses. Alle paaie is geneig om effe skuins te loop en jou een arm en skouer kry nogal swaar in die proses.

Dit was ‘n baie belangrike dag vir rolstoelgebruikers wat nie aldag die geleentheid gegun word om te toer of selfs op ‘n professionele vlak aan sport deel te neem nie. Daar was deur deelnemers van so ver as Venda ‘n beroep om soortgelyke geleenthede in hul area te reel sodat ons plaaslike atlete beter teen die internasionale atelete kan vaar.

Op ‘n meer basiese vlak is dit belangrik vir gestremde persone om ook geleenthede te hê om aan deel te neem, om buite lug te ervaar en goeie oefening in te kry. Hopelik kan die korporatiewe wêreld in die toekoms in hierdie geleenthede inkoop.

Luister: Martelize gesels met Ernst van Dyk pas nada thy as wenner oor die wenstreep is in die professionele kategorie van 42 kilometer.

Die foto’s is veskaf deur Desmond Scholtz Photography.

Gereed om weg te spring

RSG se Martelize Brink eerste oor die wenstreep in haar kategorie 10 km. Die Uitvoerende Burgemeester van George, Melvin Naik, en die direkteur van die Rolstoel-uitdaging Ansie Swart, wag haar in.

In die pylvak

Martelize by ‘n werknemer van ACSA

Groepie deelnemers en ondersteuners

Martelize die seremoniemeester.

 

Die wenstreep

Die professioneles

Voluit!