Netbal Proteas maak geskiedenis


RSG Nuus
NETBAL: Suid-Afrika het in Liverpool in Engeland geskiedenis gemaak toe die Protea-vrouenetbalspan vir die eerste keer sedert die land se hertoetrede tot internasionale netbal in 1995 tot die halfeindrondte van die wêreldbeker deurgedring het. Hulle het dié prestasie behaal met ‘n oorwinning van 67-40 oor die She Cranes van Uganda. Suid-Afrika het rustyd 31-23 voorgeloop.

Die span speel vanaand hul laaste tweederondewedstryd teen die gasheerland voordat hulle Saterdag in hul halfeindwedstryd teen óf Australië, Nieu-Seeland óf Engeland speel. Die eindwedstryd vind Sondag plaas.

Bongi Msomi, die kaptein van die Netbal Proteas, in aksie teen Uganda.

Die volle Proteaspan onder afrigting van Norma Plummer (heel regs).

Lees meer:

https://www.netball-sa.co.za/

https://www.netball-sa.co.za/spar-proteas/

https://www.sport24.co.za/OtherSport/South-Africa/proteas-make-history-by-reaching-netball-wc-semis-20190717

https://www.iol.co.za/sport/netball/netball-proteas-sail-into-world-cup-semi-finals-29378196

https://en.wikipedia.org/wiki/South_Africa_national_netball_team