Stem vir radiodrama-opnames in Durban

Die bekroonde regisseur Eben Cruywagen hou op 26 Junie ‘n stemdag by die Kuswagskool in Amanzimtoti. Die doel van die geleentheid is om te bepaal of daar potenisaal is om iewers in die toekoms weer radiodramas by die SAUK se ateljees in Durban op te voer.  Afrikaanssprekende belangstellendes ouer as 18 jaar kan deelneem. Die besonderhede is: DATUM: Saterdag, 26 Junie 2021 TYD: 10:00 – 13:00 / 14:00 PLEK: Skoolsaal, Kuswag Skool, Kuswaglaan, Amanzimtoti. Belangstellendes kan ‘n e-pos stuur aan ina@ rsg.co.za – voor 23 Junie 2021.