Moderne, goedkoop son-energie: SA besig om dié trein te verpas

As Suid-Afrika nie binne die volgende 3 tot 5 jaar verskeie groot nuwe-tegnolgie son-aanlegte en -plase bou nie, sal ons vir altyd verval in duurder steenkool- en kernkragstasies en nie meer ekonomies met die wêreld kan meeding nie. Moderne son-energie aanlegte en -plase in ander wêrelddele lewer nou elektriteit teen ‘n fraksie van Eskom-tariewe, en gaan nog beter en goedkoper word. Ons land moet baie vinnig wakker skrik. Dié waarskuwing word gerig deur Prof Vivian Alberts, een van die wêreld se voorste navorsers en kenners op die gebied van son-energie. Hy is tans hoof van Navorsing en Ontwikkeling by DEWA in Dubai, by die die wêreld se mees moderne sonenergie fasiliteit en die grootste sonplaas ter wêreld waar reeds 900megawatt energie opgewek word en die mikpunt 5 Gigawatt is. Die vraag is inderdaad: waarom sal ‘n internasionale maatskappy Suid-Afrika kies … Lees meer Moderne, goedkoop son-energie: SA besig om dié trein te verpas