Sylvester is pa van 2 welpies!

Sylvester die leeu is nou ‘n trotse pa. Sylvester die leeu en sy leeuwyfie Angel is nou die trotse ouers van twee oulike leeuwelpies, nadat hulle die eerste week in Maart groot liefde gevind het. RSG-luisteraars het gister op twee stelle moontlike name besluit vir die twee babas: Karoo en Karabu, of Gamka en Kambro. Sylvester het bekend geword nadat hy twee keer uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het en meer as 370 km buite die park rondgeloop het. Hy is twee jaar gelede, nadat hy die tweede keer ontsnap en weer gevang is, na die Kuzuko Private Natuurpark net noord van die Addo Olifant Park in Oos-Kaap, verskuif. Sylvester en sy maanhaar-vriend Fielies is nou die rustige heersers van dié gebied. Sylvester het met sy vaderskap gewys dat hy 100% geïntegreer is in die natuur. Luister en kyk … Lees meer Sylvester is pa van 2 welpies!