Sylvester word 8 jaar oud!

Die bekende wegloperleeu, Sylvester, wat nou rustig in die Oos-Kaap die leier van ‘n trop van 8 geword het, word eersdaags 8 jaar oud. Sylvester, met sy pragtige donker maanhaar, is nie net leier van sy eie trop van agt nie, maar word ook eersdaags agt jaar oud. Die leeu, wat eens bekend was ‘n wegloper-leeu van die Karoo, is nou gevestig en gelukkig in sy blyplek by Kuzuko Lodge in die Oos-Kaap met sy trop, en omring met verhale van suksesvolle hervestiging in die natuur. Sylvester se trop bestaan uit homself, Fielies, die twee leeuwyfies Angel en Nika, Sylvester se twee seuns Gamka en Kambro, en Fielies se dogter en seun, Liam en Cat. Die babaleeus is nou sowat twee jaar oud. Lees en luister ook: https://www.rsgplus.org/natuur/diere/sylvester-op-sy-beste/ https://www.rsgplus.org/natuur/uitsonderlik-2-wees-leeuwelpies-nou-wild-en-self-mas/ https://www.rsgplus.org/natuur/diere/sylvester-se-seuns-word-groot/ Meer inligting oor Sylvester en Kuzuko Lodge: https://www.kuzuko.com/sylvester/ https://web.facebook.com/pages/category/Photographer/Gerhard-de-Lange-Biodiversity-Images-153575315303971/?_rdc=1&_rdr