Engelse Rose het dorings!


Johan Rademan

Die Engelse Rose pak Saterdag die Springbokke in die eindstryd om die Wêreldbeker. Johan Rademan deel as radiokommentator sy eerstehandse kennis van die Engelse kamp in Rugby Wêreldbeker-wedstryde. Kan Engeland die 2de maal dit regkry en dan gelyk trek met die Aussies en Bokke wat kampioene sedert 1987 betref? Of gaan die Springbokke Suid-Afrika trots maak en saam met die All Blacks vir die 3de maal op die wennersverhoog stap.

Die eindwedstryd tussen die Springbokke en die Engelse Rose word Saterdagoggend 11:00 regstreeks op RSG uitgesaai.

“Uneasy lies the head, that wears the crown”

Dié stukkie Shakespeare het die All Blacks deeglik ervaar in RWB2019 toe hul gemaklik uitgeskakel is deur Engeland om ‘n driekuns van Wiliiam Webb Ellis goud bo die kop te probeer hou met 3 agtereenvolgende oorwinnings en dan vir die 4de maal as die beste span op die planeet gekroon te word.

Ek het die wedstryd met groot belangstelling gevolg en as kommentator duik daar telkens grepe van ervarings uit die verlede by ‘n mens op.

RWB 2003

My eerstehandse kennis met die Engelse-kamp was in RWB2003 toe ek die Bokke vergesel het as Afrikaanse radiokommentator. Die Springbokke het ‘n rampspoedige toernooi beleef. Engeland het ons in die poelfase oortuigend geklop en die All Blacks het ons uitgeskakel in die kwarteind.

Kampstaaldraad was ‘n groot ding in die media, maar vreemd genoeg is Engeland ook deur ‘n soortgelyke tipe program by ‘n Engelse-vlootbasis waar hulle ook moes aftjop. Ons het kort voor die toernooi ‘n geweldige terugslag beleef toe ons voorkeur senterpaar Gcobani Bobo en Jean de Villiers ernstige beserings opgedoen het en moes onttrek.

Martin Johnson

Martin Johnson was ‘n uitstekende leier en hulle gemiddelde ouderdom het aan 30 gehap-hap. Baie kenners het geglo hul fut sal uit wees.

Jonny Wilkinson

Engeland het met  ‘n wapen, soos Stransky in ’95 se skepdoel en ekstratyd op Ellispark, met Jonny Wilkinson in die losskakelposisie gesit.

Die eindstryd in die Telstrastadion is op 22 November 2003 voor meer as 82,000 mense in die hawestad Sydney gespeel.

Suid-Afrika was as troos darem ook op die veld: André Watson (skeidsregter)

Só verloop die wedstryd:

Eerste helfte
LW: ‘n lugskop wat deur Lote Tuqiri oor die kleiner Jason Robinson gewen word na ‘n sensasionele Stephen Larkham dwarsskop. 5-0 met die doelpoging wat die regoppaal tref.
3 strafdoele van Wilkinson maak dit 9-5 in Engeland se guns.
Kort voor rustyd neem Robinson wraak en na ‘n goeie beweging tussen voor-en-agterspelers rond hy af in die hoek. Kleedkamertyd 14-5 vir Engeland.

Tweede helfte
Flatley slaag met ‘n strafdoel 7 minute na rustyd en die Wallabies kruip nader 14-8.
Jonny Wilkinson misluk met 2 skepskop pogings en Flatley maak dit 14-11 in die 61ste minuut.
In die 80ste minuut slaag Flatley weer met ‘n strafdoel en die eindfluitjie (wat nie ‘n einde het nie) blaas op 14-14 wat ekstratyd beteken.
15 miljoen Britte uit 22 miljoen TV-kykers op die aardbol sien die drama ontvou.
Dis die hoogste kykersgetal van alle sportprogramme in Engeland in 2003.

Ekstratyd
Met bykomende tyd moes 20 minute se ekstra krag en energie uitgehaal word.
Wilkinson en Flatley slaag beide met ‘n strafdoel. 17-17.
En toe “Stransky” Wilkinson die Wallabies met 26 sekondes se speeltyd oor, slaag met ‘n skepdoel en Engeland, word die eerste (en tot vandag enigste) Europese en Noordelikehalfrondspan wat as kampioen gekroon word. Eindtelling: 20-17

So terloops… Eddie Jones was die Wallabie-afrigter in 2003.

RWB 2007: “Uneasy lies the head, that wears the crown”

‘n Bloedjong Frans Steyn

In 2007 snoei  die Bokke die Engelse 36-0 in September in die poelfase in Frankryk met ‘n dubbeldoor deur JP Pietersen, nog ‘n drie van Juan Smit, 18 punte van Percy Montgommery, en Frans Steyn wat ook met ‘n strafdoelslaag.

En soos ons die All Blacks vermy het deur  vanjaar 2de te eindig in die poelfase en deur te dring na die finaal van RWB2019, ontmoet SA en Engeland in Oktober vir die eindstryd in Saint-Denis.

Talisman Jonny Wilkinson wou seker met die Beatles saamsing:”I’m just half the man I use to be.”

Percy Montgommery (4), Frans Steyn (1) en Wilkinson (2) is verantwoordelik vir die telkaart van slegs strafskoppe om die Rose se stingels te knak met 15-6.

Siya Kolisi

John Smit se rol is vandag oorgeneem deur Syia Kolisi vir die stryd teen Engeland.

Kan Engeland die 2de maal dit regkry en dan gelyk trek met die Aussies en Bokke wat kampioene sedert 1987 betref? Of gaan die Springbokke Suid-Afrika trots maak en saam met die All Blacks vir die 3de maal op die wennersverhoog stap?

Viva Bokke, Viva.

Lees ook:

Rademan vertel: Die Bokke, Wallis en Kerkorrel