Terugblik op Gesondheid 2016
In 2016 het Marí Hudson, aanbieder van Gesondheid op RSG, weer na ‘n groot aantal gesondheidsake gekyk en weereens met van die land se beste spesialiste op hul onderskeie vakgebiede gesels.
Hier is van die onderwerpe in ‘n neutedop:
Hartprobleme
- Krioballon-ablasie as behandeling vir atriale fibrillasie, die algemeenste hartritmedefek by mense ouer as 60 jaar.
- Kardiomiopatie – die storie van klein Phalo
- Skielike hartstilstand: as ‘n jong, gesonde en fikse mens skielik op die sportveld ineensak
- Koordlose pasaangeërs is piepklein en so groot soos ‘n vitamienpil en word in die hart ingeplant
Longprobleme
- Asma – twee pompies is dikwels nodig en een moet daagliks gebruik word
- Hoogtesiekte: Vir almal wat beplan om Kilimandjaro of Everest aan te pak.
Brein
- Breinvliesontsteking – die siekte waar die bakterie gevaarliker is as die virus
- Parkinson se siekte – dopamien oordragstowwe in vyf dele van die brein
- Klomp houe teen die kop
Oë
- Vliese op die oog
- Kornea-oorplantings
Ortopediese probleme
- Halwe knievervangings
- Voet en enkelprobleme
Vroue
- Lekkend blaas
- Surrogaatmoederskap
- Voorbehoeding
- Genetiese toetse op die embrio
- Genetiese toetse op borskankerselle
Mans
- Prostaatprobleme
- Testikulêre kanker
Kinders
- Kanker in Kinders
- TB in kinders
Klik hier om by die potgooie oor Gesondheid uit te kom
Die bladsy sal só lyk:
Laai dan die betrokke potgooi af of luister dadelik daarna. Die bladsy sal só lyk: