Tien klein goedjies gewaarborg om jou op te beur op ‘n Maandag
Dat mens blou voel op Maandae, is ‘n byna universele waarheid. Navorsers het gevind dat 11:27 die tyd van die dag is wanneer jy die ongelukkigste voel, maar teen 2:35 nm is als weer beter.
Meningspeilings wys dat dit die klein dingetjies is wat jou gelukkiger laat voel:
- Om ‘n goeie daad vir iemand te doen.
- Onverwagse goeie dade deur vreemdelinge.
- Om ‘n winskopie raak te loop.
- Iemand gee jou ‘n spontane drukkie.
- ‘n Kompliment van iemand wat jy nie ken nie.
- ‘n Motor wat vir jou wag om die straat oor te steek.
- Jou troeteldier wat jou inwag wanneer jy by die huis kom.
- Om ‘n handgeskrewe brief in die pos te ontvang.
- Jou gunsteling liedjie wat op die radio speel.
- ‘n Vreemdeling wat jou groet.