Tjailatyd in die Alpe – kyk waar ons is
- Die bevolking is bykans 3 800 mense.
- Dit is geleë in die Oberaargau-munisipaliteit in die kanton van Bern.
- Sowat 60% present van die inkomste van die dorpie kom uit die landbousektor, en 5% uit bosbou.
Roggwil is in die noorde van Switserland en naby die Bodensee (See van Konstanze).
Tjailatyd se span het op 29 Julie van die A.Vogel fabriek in Roggwil, Switserland uitgesaai. Hier is ‘n paar foto’s.

Die Tjailatydspan by hul gashere in Roggwil by die A.Vogel fabriek: Van links na regs is Frik Wallis, Amoré Bekker, Estie Schreiber van SANP, Herman Geiger van A. Vogel, Mariëtta Kruger en Herman Steyn is heel regs.
En toe besoek die span die nabygeleë St Gallen.
COLMAR (30 Junie)
- Hierdie dorp is geleë aan die Lauchrivier, 64 km suidwes van Strasbourg in Frankryk.
- Die dorp het een van die droogste klimate in Frankryk , wat dit ideaal maak vir die verbouing en maak van Alsaksiese wyn.
- Dit is ook die plek waar A Vogel se fabriek in Frankryk geleë is.

Amoré, Frik Wallis en Mariëtta Kruger in die ‘ateljee’ in Colmar, Frankryk. Estie Schreiber van SANP is in die agtergrond.
TEUFEN (1 Julie)
- Die dorp is geleë in die Appenzell Ausserrhoden-kanton.
- Die bevolking is sowat 5 800 mense waarvan 93% Duits praat en bietjie meer as 1% Italiaans.
- Twee belangrike plekke van geskiedkundige waarde is die Gmundertobelbrug en die Wattbachbrug.
- Dis die grootste stad in Switserland en is geleë in die sentraal-noordelike deel van die land.
- Dit het ‘n bevolking van 2 miljoen inwoners.
- Dit is die rykste stad in Europa.
- Die amptelike taal in Zürich is Duits.
- Die twee belangrikste plekke wat besoek behoort te word, is die Switserse Nasionale Museum (Kunsthaus) en die Schauspielhaus.
- Die Limmatrivier vloei deur Zürich.
Vir meer inligting oor SA Natural Products, gaan na www.sanatural.co.za/home/
Vir meer inligting oor A.Vogel se produkte, klik hier.
Lees meer oor Bio-Strath.