Uitsonderlik: Die storie van Angel en Nicka

Twee leeuwyfies, Angel en Nicka, het ‘n uitsonderlike verhaal: eers is hulle as babas byna self dood is nadat hulle ma vermoedelik deur ‘n slang doodgepik is, toe is hulle gered van uithongering en daarna – vir die eerste keer sover ons kon vasstel – as klein wesies wonderbaarlik 100% wild in die natuur grootgemaak by Kuzuko Lodge. Nou is hulle self trotse moeders. Nie net het Angel onlangs geboorte geskenk aan Gamka en Kambro nie, maar haar suster, Nicka, het ook twee welpies! Fielies is hul pa. En die storie van twee wees leeuwelpies wat teen alle verwagtinge in, in die natuur oorleef het, is ‘n nóg meer dramatiese verhaal van oorlewing as dié van Sylvester, wat nou pa is van een van die twee, Angel, se babas. Luister vanmiddag na Tjailatyd, waar Gerhard de Lange self gaan vertel … Lees meer Uitsonderlik: Die storie van Angel en Nicka