Grensskuiwers #3: Komponiste deel 2


Luister Sondagoggend tien uur in GRENSSKUIWERS (klassieke musiekreeks oor crossover classic) – na nog musiek van komponiste soos Danny Elfman, Howard Shore, Hans Zimmer, en die komponis Christopher Tin, wat geskiedenis gemaak het deur die eerste Grammy vir ‘n videospeletjie klankbaan te wen…vind uit wat sê die komponis oor Crossover……

GRENSSKUIWERS: Sondagoggend tien uur o.l.v. Esté Gross

Andre Previn

André Previn. Hy ontvang in 2003 ‘n Grammy as dirigent vir die beste klassieke crossover album: Previn Conducts Korngold, The Sea Hawk, Captain Blood, etc.

Howard Shore

Howard Shore is die komponis vandie musiek van o.a. die trilogieë The Lord of the Rings en The Hobbit.

Danny Elfman

Danny Elfman se mees onlangse klankbaan is Fifty Shades Darker (2017). Hy was vroeër jare deel van die New Wave Rock Groep Oingo Boingo.

Hans Zimmer

Hans Zimmer word beskou as die pionier wat elektroniese musiek met tradisionele orkesklank integreer.

Foto deur Erik Pendzich/REX/Shutterstock (4231257ap). Hans Zimmer by ‘Interstellar’ film premiere, New York, America – 03 Nov 2014

Yanni

Yanni hou skouspelagtige regstreekse uitvoerings by erfenisgebiede.

 

Sven Helbig

Sven Helbig is ‘n Duitse komponis. Hy stel die mylpaal album Pocket Symphonies (2013) vry – Dis simfonieë so lank soos popliedjies – om aan te pas by die moderne mens wat alles kondenseer (die tegnologie era van die internet en sosiale media). Die musiekvideo is net so belangrik as kunselement.

 

Christopher Tin

Christopher Tin is die komponis van Baba Yetu – ‘n Grammy wenner. Hy neem die lied op saam met Suid-Afrika se Soweto Gospel Koor en die Koninklike Filharmoniese orkes. Hy maak geskiedenis as kopmponis van die eerste videospeletjieklankbaan wat ‘n Grammy wen in 2011.