Renosterhoring op nuwe slinkse maniere land-uit gesmokkel


Renosterhoringsmokkel-sindikate se patroon is besig om te verander. Die Wildlewe Handels Moniteringsnetwerk, TRAFFIC, het pas ‘n verslag bekend gemaak oor renosterhoringsmokkelhandel in Suid-Afrika. Julian Rademeyer wat saam met Traffic aan die verslag gewerk het, sê dit raak al moeiliker om horings die land uit te smokkel. Sindikate sny dus die horing in kleiner stukke op, onder owerhede se neuse.