Stem vir jou gunsteling boek – jy kan R1000 se boeke wen!


Sukkel jy om ‘n boek in jou omgewing te kry? Graffiti Boeke www.graffitiboeke.co.za is ‘n aanlynwinkel met ‘n passie vir Afrikaans. Die webtuiste gee 20% afslag op alle nuwe boeke en topverkopers asook 10% op alle ander boeke. Die Graffiti span staan ook gereed om jou te help met aanbevelings en keuse van boeke.

Boeke van die jaar – stem en wen

Elke jaar is daar ‘n gerf besondere boeke wat jy net moet lees. Hier is Graffiti  se aanbevelings van lekkerlees boeke sowel as die beste boeke van 2019 (sover).

Om ons ‘beste boeke van die jaar lys’ te voltooi – nooi ons graag ons RSG luisteraars om hulle gunsteling  boeke van die jaar met ons te deel.  Klik hier en stem vir jou gunsteling skrywers en boeke en wen een van drie R1000 geskenkbewyse met komplimente van Graffiti.

Graffiti bied die jongste vrystellings, topverkopers en kinderboeke asook van die mees gesogte internasionale nuwe titels, topverkopers en gewildste kinderboeke.  Die webwerf spog ook met ‘n  Winskopie afdeling met tot 90% afslag op die uitgewersprys. Hieronder maar net ‘n paar voorbeelde.

Oor Graffiti

Leonie van Rensburg, die dryfveer agter die Graffiti webtuiste (daar is ook ‘n tradisionele winkel in Montana, Pretoria) is onlangs vereer met ‘n ATKV Woordveertjie vir haar uitsonderlike bydrae tot Afrikaans  en Afrikaanse boeke die afgelope 38 jaar. Sy is ook elke Dinsdagoggend  die aanbieder van die boekinsetsel  op Kyknet se Die Groot Ontbyt-program.  Graffiti Boeke hou gereelde boekbekendstellings by die winkel in Montana waar geliefde lesers hul gunsteling skrywers kan ontmoet.

‘n Bykomende bonus van Graffiti se webtuiste: Jy kan alle skoolboeke en leermateriaal  daar bestel. Boonop lewer Graffiti gratis af op bestellings bo R450.

Bly op hoogte van die jongste boeke, gebeure en winskopies deur in te teken op die Graffiti nuusbrief – klik hier om in te teken (dis gratis en jy kan enige tyd staak).

Ons hoor graag van jou!  Kontak Graffiti by 012 548 2356 of info@graffitibooks.co.za vir meer inligting.