Van weerwolf tot woef in 2020 2e radiodrama-seisoen


Spoke, weerwolwe, ‘n kostelike hondjie genaamd Mof, ‘n onwelvoeglike pop en selfs ‘n “alien” bevolk RSG se tweede Radioteaterseisoen vir 2020.

‘n Reeks nuwe radiodramas word vanaf 1 Oktober elke Donderdagaand om 20:00 uitgesaai.

Die skrywers wie se verhale met luisteraars gedeel word, sluit in Charles Dickens, CJ Langenhoven, Martyn le Roux, Ilné Fourie, I.D. du Plessis, Engela van Rooyen-Linde, Philip Rademeyer en Arthur Miller.

Donderdag 1 Oktober: Bloedmaan.
Die seisoen begin met die weerwolfriller Bloedmaan, die opvolg van die veelbekroonde Bloedlyn deur Martyn le Roux. Le Roux is bekend om radiodramas soos Dagboek van ‘n wurm, Die blikslim asook die tweeluik Hittegolf en Afkoeling.Die regisseur is Renske Jacobs met onder andere Robbie Wessels, Johny Klein, Solomon Cupido, Christine Voorendyk, Karen Wessels en Neil Sandilands in die rolverdeling.
Lees meer oor Bloedmaan.

Die omslag van Mof en sy mense

Donderdag 8 Oktober: Mof en sy mense
In CJ Langenhoven se Mof en sy mense (vir die radio verwerk deur André Kotzé) vertolk ‘n hondjie, Mof, die hoofrol. Die klassieke storie speel af teen die agtergrond van die groot grieppandemie, sowat ‘n eeu gelede. Die regisseur is Joanie Combrink, wat vroeër vanjaar met ‘n ATKV Mediaveertjie bekroon is vir haar radioregie van die epiese reeks, Man van Cirene.
Lees meer oor Mof en sy mense.

Donderdag.15 Oktober: Die prys
Geskryf deur Joey van Niekerk, regie deur Helena Hugo.
Lees meer oor Die prys.

Donderdag 22 Oktober: Huishou
(verwerking deur Eben Cruywagen) deur Philip Rademeyer, regie deur Frieda van den Heever. Soos in die bekroonde Aardklop-verhoogstuk vertolk Cintaine Schutte en Nadia Valvekens die rolle.
Lees meer oor Huishou.

29 Oktober: Nag van die ver musiek
Geskryf deur Engela van Rooyen-Linde, regie deur Christelle Webb-Joubert.
Lees meer.

Op ‘n mooi dag kan alles goed verloop… Foto: Nigel Riley

5 November: Johanna se Elvis
Geskryf deur Hendie Grobbelaar, regie deur Amor Tredoux.
Lees meer oor Johanna se Elvis.

12 November: ‘n Tweede kans
Geskryf deur Ronel Mostert, regie deur Mari Snyman
Lees meer oor ‘n Tweede kans.

19 November: Liefde is ‘n Roos
‘n Argiefdrama wat die bekroonde regisseur en geliefde radiostem Margot Luyt opgeneem het. Dit is Liefde is ‘n Roos deur Tennesee Williams, oorspronklik in Engels as The Rose Tattoo.
Die aktrise Anna-Mart van der Merwe vertolk die hoofrol in ‘n drama wat plek-plek aan Lorca se klassieke Die huis van Bernarda Alba herinner.
Lees meer.

26 November: Boetie ontmoet ‘n alien deur Johann Smith, regie deur Leon van Nierop

3 Desember: Goëlstories (twee kort dramas) deur I.D. du Plessis, regie deur Johan Rademan

10 Desember: Die masjientjie deur Joe Kleinhans, regie deur Amor Tredoux

17 Desember: Halleluja, amen! deur Ilné Fourie, regie deur Denver Vraagom

24 Desember: Bring vir Carli deur Janie Lighthelm, regie deur Anrich Herbst

Die Scrooge in A Christmas Carol

Kersdag (25 Desember): Ebenezer Penniegryper deur Charles Dickens, regie deur Joey de Koker

31 Desember: Doller as kopaf deur William Oosthuizen, regie deur Kobus Burger

RSG se Radioteater word van Oktober tot Desember elke Donderdag om 20:00 op RSG (100 tot 104 FM) uitgesaai. Die radiodramas word Maandagoggend tussen 01:00 en 02:00 in Deurnag herhaal.