Verboom jou dorp – hier is hulp

Wil jy graag in ‘n dorp woon met groen boomryke strate en parke? Met koeltebome, vrugtebome en jou eie groentetuin? In My Mooi Dorp, daag ons jou uit en gee raad oor hoe en waar jy kan begin om jou dorp te ‘verboom’. Ons sluit ook ons reeks oor die Pi-wetgewing af. Luister Saterdagoggend kort na die 11 uur nuus na My Mooi Dorp op RSG. Dit word aangebied deur Marí Hudson. Kontak Jan Odendaal: Whatsapp 0837019791 of epos gLgreen@gmail.com. Lees ook: https://greenforlifesa.wordpress.com/about/ Lees ook dié artikel: https://candidegardening.com/ZA/stories/059f8847-d7d9-475a-88ed-be6ea4bcc73b