Greenroom-praatjies oor Yul Brynner


Greenroom-praatjies oor Yul Brynner – 40 jaar later eksklusief op RSG

19, 20, 21 en 22 Mei in Driesestig tussen 12:20 op RSG.

Herman in Pres MT Steyn se studeerkamer in Onze Rust

‘n Reeks van 4 gesprekke: Johan Rademan gesels met Herman Binge wat ‘n steelkykie agter die skerms van The King and I (1979) met Yul Brynner bied.

Die mini-reeks met vier dele word ingevul en aangevul met argiefstof en musiekbrokkies uit die era.

Herman Binge, die bekroonde Suid-Afrikaanse TV-en-Film vervaardiger het die sonderlinge ervaring gehad om vir 4 maande (1970) die persoolike teaterlyfwag te wees van Yul Brynner.

Die Russies-Amerikaanse akteur is ‘n tweemalige Tony Awards verhoogwenner en Acadamy Award (Oscar) wenner (1957) vir die filmweergawe as Beste akteur in The King and I van die teaterskeppers, Rodgers & Hammerstein.

Deel Een: 8’30”

‘n Getekende program

Herman Binge vertel hoe sy paaie met die mega-ster gekruis het. Hoe hy agv sy grootte die werk gekry het en die Palladiumteater se indrukwekkende voorkoms en wat sy opgelegde take was.

Argiefstof van Brynner se Oscarprys waar hy te staan gekom het teen James Dean, Sir Laurence Olivier, Rock Hudson en Kirk Douglas in 1957.

Deel Twee: 10’07”

Yul Brynner (1920-1985) se komplekse agtergrond (Switserse, Duitse, Romani (Indiese-sigeunerinvloed)/Russiese).

in die Plays & Players tydskrif

Vertrek as tiener ma Parys vir internasionale Engelse skoolopleiding. Loop weg. Werk in ‘n sirkus as sweefstokarties. Ongeluk en verloor rib. Sing met suster Vera in Russiese-nagklubs in Parys sigeunerliedere (Argiefsang van Yul).

Sy suster na Amerika. Hy en ma volg as 20-jarige. Werk en regisseur op stele en tydens WOII is hy ‘n omroeper (Frans en Russies magtig). Mede aktrise Mary Martin doen ‘n goeie woordjie by haar vriende Rogers en Hammerstein en Yul Brynner kry die rol van Koning Mongut van Siam wat hom wêreldbekend sou maak.

Deel Drie: 16’19”

Koningin Elizabeth kom kyk

Herman vertel watter tipe mens Brynner was. Bygelowe. Sjokoladebruin kleedkamer. Net swart gedra. 1979 met net een long moes hy na die bekende Shall we dance-polka suurstof ontvang van Binge vir die laaste toneel tydens ‘n blitsige kostuum wisseling.

Shall we dance met Virginia eie foto

Medester, Virginia McKenna (sy en haar man het die film, Born Free vervaardig). Argiefstof vd musiek (Born free) met klem op Shall we dance.

Brynner met Virginia McKenna – eie foto

Virginia McKenna in Born Free Foto Wikipedia

Deel Vier: 16’17”

Afsluiting.

Herman vertel van die “Brynner-affairs”. Hy’t sy medespelers dikwels in trane gehad. Personeel onbeskof behandel, maar geliefd vir die BBP’s wat ná die tyd in sy kleedkamer/sitkamer kom kuier het. Hy’t dan truuks van die sirkus gedoen soos swaardsluk en met keëls goël. En Russiese-Gypsymusiek gemaak.

Herman moes die kos by ‘n naburige restaurant gaan haal en oppad terug het die groot honger student sommer die borde leeggemaak ook.

In 2012 het die Russe in Vladivostok ‘n 2,4m standbeeld voor die 4-verdieping kothuis opgerig en dit is vandag ‘n museum.

Flieks soos The Ten Commandments (rol van Ramsesses II) en The Magnificent Seven is van die bekendste, asook die Brothers Karamazov. Met ‘n Oosterse weergawe van Magnificent 7, nl The Seven Sumurai waarin Yul Brynner gespeel het, is 67 miljoen fliekkaartjies alleenlik in Rusland verkoop.

Herman Binge was verlig toe hy ná 4 maande ‘n verskoning gehad het om die pos te ontruim, selfs al het die superstar hom gevra om aan te bly.

Meer oor Johan Rademan en Herman Binge

‘n Jeudige Johan Rademan sing op die verhoog met Herman Binge met hoed en donkerbril in die agtergrond.

Die destydse resensie van Met Permissie gesê

Ja, Rademan was ‘n uitstekende Gé Korsten

In 1980 ontmoet Johan Rademan en Herman Binge mekaar by die Departement Drama aan die Universiteit van Stellenbosch. Die twee was akteurs, sangers en spelers in die eerste volwaardige vollengte Afrikaanse literêre-kabaret uit die pen van Hennie Aucamp, Met Permissie Gesê.

“Waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n storie”, sê Rademan. Die Greenroom is die ontspanningsruimte agter die verhoog waar die geselskap tussen tonele kon ontspan, gesels, tekste en dialoog memoriseer en ‘n dampie slaan. En tussen die newels verrys die stories uit die as.

Herman Binge in sy Palladium aandpak/uniform en nog lede van Brynner se personeel.

Een van die stories wat Johan by gebly het was Herman Binge se verwysing na die vorige jaar in 1979, toe hy nagraads in dramaregte as ‘n regsstudent in die Londen House Koshuis, opsoek na sakgeld, vir 4 maande die legendariese akteur, Yul Brynner, se teaterlyfwag was tydens ‘n speelvak van The King and I aan die West End in die Palladium.

Hoewel hulle nie in baie tonele in Stellenbosch saam was nie, was die meer wêreldwyse Binge se stories altyd boeiend. Onaangeplak, met fyn humor en nooit te oordramaties nie. Daarentyd was Rademan ‘n eerstejaarstudent wat o.a. die rol van Gè Korsten in die kabaret moes sing. Ander spelers in die era was Helène Truter, Lochner de Kock, Niel le Roux en saam met Binge het die bekende Professor van Hoe Verklaar Jy dit-faam, Jannie Hofmeyr, ook saam gejol en katrol. Hofmeyer het musiekinstrumente gespeel, terwyl Binge en Hofmeyr ook pragtig kon harmoniseer.

Beide die twee het ook hul geliefdes in die proses losgeslaan. Herman is later met die bekende RSG-dramaregisseur, TV- en filmstêr en verhoogaktrise, Joanie Combrinck, getroud.

Die anekdotes van Binge het deur die jare gekom en gegaan in die geheue van Rademan. Met die bekendstelling van Binge se bekroonde, Verskroeide Aarde-reeks, was dit asof die vuurtjie weer vlam gevat het om met Herman ‘n kort reeks oor sy intiemer ervarings van een van die wêreld se grootste akteurs van sy tyd met ons te kom deel.

Grootste in sy tyd?
Yul Brynner het die 1956-toekenning vir die beste akteur in ‘n rolprent, tydens die 1957-Oscars losgeslaan, vir sy rol in The King and I , waar hy saam met James Dean, Kirk Douglas, Rock Hudson en Sir Lawrence Olivier meegeding, en gewen het. Hy het ook twee Tony Awards vir die verhoogproduksie van Rodgers and Hammerstein, waaruit die film gespruit het, verwerf.

Yul Brynner was geliefd onder sy vriende en baie ander groot name in die bedryf, maar nie altyd juis hoflik teenoor sy eie personeel en mede-aktrises nie. Binge vertel dat sy mede-aktrise in 1979, Virginia McKenna gereeld in trane was. Mense sal haar onthou vir die rol in die film Born Free wat sy en haar man vervaardig het oor Elsa die leeu, wat in Afrika vrygelaat is.

Binge het so ‘n steelfoto of wat vir ons ingesluit uit die 1979-era. In die tyd het hy as’t ware om den brode oorleef en eers later meer oor die misterieuse Brynner uitgevind.

Rademan het daarenteen die argiewe opgesoek om die gesprek met Binge aan te vul en hulle nooi jou om saam te luister na die Greenroom-praatjies uit 1980 wat uitgekring het na ‘n eksklusiewe mini-gespreksreeks op RSG.

Yul Brynner (1920-1985) – ‘n Paar vinnige feite.

  • Yul Brynner het die rol van Koning Mongut van Siam (vandag Thailand) 4 625 maal op die verhoog vertolk in The King and I van Rodgers & Hammerstein.
  • Brynner is in Vladivostok in Rusland gebore op 11 Julie 1920 as Yuliy Borisovich Briner.
  • Hy is van gemengde afkoms: Russies, Mongools, Duits, Switsers en Romani-sigeunerbloed.
  • Op 21-jarige ouderdom het hy na die VSA vertrek en in WOII as ‘n omroeper in die VSA gewerk en in Russies en Frans na die buiteland uigesaai.
  • Voor sy vertrek na die VSA het hy as tiener en jongman in die sirkus as ‘n sweefstokaries gewerk. ‘n Ernstige besering in die sirkusarena het daartoe gelei dat hy sy een long verloor toe die vangnet hom in die toeskouersitplekke inskiet.
  • Sy suster Vera het ‘n jaar voor Yul en sy ma Amerika toe gegaan en was ‘n musiekdosent en operasanger wat o.a. die uitdagende rol van Carmen vertolk het .
  • Hy was ‘n haan onder die henne. Hy het 4 vroue gehad, ‘n paar minnaresse en ook ‘n verhouding met die sanger Marlene Dietrich
  • Yul Brynner het tydens ‘n speelvak die verhoog gedeel met Nancy Davis, wat later met die Amerikaanse President, Ronald Reagen, getrou het.
  • Bekende medesterre in films was Peter Sellers, Charlton Heston, Antony Quin, Tony Curtis, Marlon Brando, Christopher Plummer en vroue soos Ingrid Bergman, Catherine Hepburn en Gina Lolobridgia.
  • Die Russe het 27 jaar ná sy dood ‘n standbeeld van 2,4m hoog voor die vierverdieping kothuis, waarin hy gebore is opgerig. Vandag is dit ‘n groot toerisme aantreklikheid.
  • Yul Brynner is na sy dood postuum vereer toe hy in 1999 in die Grammy Hall of Fame opgeneem is.

“When I am dead and buried, on my tombstone I would like to have it written, ‘I have arrived.’ Because when you feel that you have arrived, you are dead.” – Yul Brynner